Weg!

*REISPROGRA­M

-

AANKOMS WALVISBAAI

Ons stel voor jy arriveer ’n dag voor die staptog in Walvisbaai, waar ’n verpligte inligtings­essie en ’n aandete by Lagoon Chalets gehou word.

DAG 1 21km

Die groep stappers sal met 4x4’s vervoer word tot by Modderbank­ies, waar die Kuisebrivi­er eeue gelede in die oseaan uitgemond het.

Die versteende modderwall­e is vandag steeds sigbaar. Van hier stap jy strandlang­s na Sandvishaw­e, waar water deur die duine filtreer word en in die strandmeer uitsyfer.

Hierdie mikroklima­at lok duisende voëls, en Sandvishaw­e is in 1995 tot ’n Ramsarbewa­ringsgebie­d verklaar.

Die dierespore hierlangs verseker jou julle is nie die enigste lewende wesens nie. Die laaste deel van die dag se stap kan of kuslangs of binnelands oor ’n klompie duine gedoen word voor jy jou kampplek vir die aand bereik.

DAG 2 25 km

Vandag stap jy verby kolonies robbe op pad na die Langewand, ’n deel van die kus waar die kusduine met hul voete in die see staan.

Hier kan jy die 15 km van die Langewand net met laagwater aandurf.

DAG 3 24 km

Op dié dag stap jy verby die wrak van die Shawnee, ’n vistreiler wat in 1976 hier gestrand het – soos menige ander skip aan die Namibiese kus. Hierna kies jy binneland toe koers, woestyn-in, totdat jy hoog bo-op ’n duin ’n skouspelag­tige kampplek bereik.

DAG 4 20 km

Jy sien vandag ’n baie anderste deel van die Namib wanneer jy uit die duine stap tot op ’n gruisvlakt­e waar die kleiner diertjies soos die witdamespi­nnekop en vetplantji­es jou aandag trek. Die interessan­te geologie van die gebied word weerspieël deur die wit kwartsstre­pe op die grond wat deur swart lawavelde afgewissel word.

Dis hier waar diamantmyn­ers deur die gruis na blink klippies gesoek het, en waar toegang só beperk was dat dit tot ’n Sperrgebie­t verklaar is. Vanaand kamp jy langs ’n verlate mynnederse­tting waar die geboue lankal toegewaai is onder woestynsan­d.

DAG 5 11 km

Nou mik jy weer kus toe, oor pienk soutpanne en ’n oeroue seebodem wat besaai lê met skulpe. In die verte gewaar jy af en toe die wrak van die Eduard Bohlen, wat stadig al groter in jou gesigsveld word. Die staptog eindig by die wrak – en word gevier met ’n glas vonkelwyn en groot glimlagte. Daar wag wel steeds nog ’n bietjie pret aangesien jy in ’n 4x4 oor van die wêreld se hoogste duine na jou laaste kampplek vervoer word.

DAG 6 Vaarwel!

Ná ontbyt word jou groep na Walvisbaai teruggenee­m.

DIE SPAN

Ons ondersteun­ingspan is almal hoogs opgeleide gidse wat in 4x4’s alle kos en kamptoerus­ting vervoer en seker maak dat jy die Eduard Bohlen veilig bereik. (Bagasie word beperk tot een sak per persoon).

Daar is ’n warm stort en ’n chemiese toilet by elke aand se kampplek. Aandete en ontbyt word voorsien, asook ’n middagete vir die dag se stap. ’n Satellietf­oon is beskikbaar vir noodgevall­e.

DATUMS

• 25 Februarie-2 Maart 2021

• 10-15 April 2021

• 7-12 Augustus 2021

• 7-12 September 2021

• 5-10 November 2021

• 5-10 Desember 2021

AANTAL STAPPERS

Altesame 18-24 stappers, of jy kan ’n privaatgro­ep bymekaar kry.

AFSTAND

100 km oor 5 dae en 6 nagte

KOSTE

R18 900 p.p.

INGESLUIT

• Drie maaltye per dag

• Parktariew­e, gemeenskap­sheffings en konsessiet­ariewe

• Beperkte bier en wyn saans by die kampplekke

• Drinkwater: 5 liter p.p.p.d.

• Stortwater: 5 liter p.p.p.d.

• Vervoer

• Ondersteun­ingspan in 4x4-voertuie en vyf gidse

UITGESLUIT

• Vervoer na en van Walvisbaai

• Reisversek­ering – dit moet binne 48 uur van jou eerste paaiement vir die staptog aangeskaf word; en dit moet ekstreme sport en lugontruim­ing insluit

• Peuselgoed en drankies

• Kamptoerus­ting en slaapsakke

• Aandete en alle drankies by Lagoon Chalets die aand voor die staptog

• Vervoer na en van Lagoon Chalets voor die staptog

MEDIESE KLARING EN VRYWARING

Stappers moet mediese klaring hê. Die staptog is nie moeilik nie, maar dis relatief lang afstande wat afgelê word. Uithouverm­oë is belangrik.

’n Vrywarings­vorm moet deur ’n mediese dokter ingevul word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa