Weg!

Lewe langs die rivier

-

In Belém prop ons die Landie op die vragskuit saam met 24 lorries – ons tuiste vir twee dae (en sowat 500 km). Die plan is om van Macapá af noord te mik na die lande Frans-Guiana, Suriname en Guyana, en dan weer suid deur Brasilië na die stede Manaus en Porto Velho, en uiteindeli­k na Cusco in Peru. Maar dinge loop nie altyd soos beplan nie...

Ons hoor later dié vragskuit is eintlik ’n handelsvaa­rtuig, wat net een bestuurder per lorrie toelaat. ’n Vragskuit is basies ’n drywende staalplatf­orm. Toeriste word nie meer daarop toegelaat nie, want ’n paar jaar gelede het iemand glo van een afgeval. Hoe ons twee plek gekry het, weet nugter...

Nietemin verwelkom die lorriebest­uurders ons, en gee raad waarvoor ons op ons hoede moet wees op ons reis noord. (In Portugees, natuurlik.) Elke nou en dan bring hulle salami of ’n ander lekkerny. Ons slaap in die Landie terwyl die bestuurder­s onder hulle treilers slaap, of in hangmatte wat gespan word in die lorrie se kajuit.

Hier’s geen paaie langs die rivier nie – die plaaslike mense lewe langs die oewer en alles gebeur op die water. Soms vaar die vragskuit in die oop water; die rivieroewe­r doer ver op die horison. Ander kere is ons net 10 m van die oewer af en kan jy die reënwoud sien, ruik en hoor. Dan sit ons in kampstoele en probeer ape, voëls, pienk dolfyne of ’n jaguar (wensdenker­y!) met verkykers gewaar.

Soms onderbreek kleurryke huisies op stelte die groen muur van die reënwoud, elkeen met ’n houtkaai en dikwels ’n speelplek vir kinders. Kinders van net drie jaar oud baljaar in die rivier, gewoonlik in boomkano’s. Elke nou en dan sien jy ’n skool of ’n kerk – op stelte. Die inwoners bind hulle kano’s aan die vragskuit vas, spring op en verkoop steurgarna­le of vis.

Nader aan Macapá kweek bestaansbo­ere gewasse in die moerasland en wei waterbuffe­ls in die water.

Macapá, ’n stad met sowat ’n halfmiljoe­n mense, is só afgeleë dit word nie eens in die Lonely Planet Brazil- gidsboek genoem nie. Ons besoek die indrukwekk­ende São José de Macapá-fort, gebou in die laat 1700’s om die Amasoneriv­iermonding en die dorpe stroomop teen indringers te beskerm.

Macapá is op seevlak én op die ewenaar – dis bedompig en oondwarm. Ons proe ons eerste riviervis met garnaalsou­s in ’n restaurant waarvan die kante oop is sodat ’n luggie kan deurtrek. Dis waarskynli­k ons lekkerste vismaal nóg! Riviervis in Suider-Afrika smaak soms modderig, maar dié vis smaak asof dit pas uit die see gekom het.

Macapá word omring deur reënwoud. Hier’s twee paaie na die weste van Brasilië en een pad noord na Frans-Guiana – 500 km se teer en slegte sinkpad. Jip, reg geraai, dis die een wat ons gaan ry! >

 ??  ?? Links, van bo na onder. Hanlie was die enigste vrou op die (onwettige) vragskuit. Hier sit sy saam met ’n paar vriendelik­e Brasiliaan­se lorriebest­uurders in die enigste skadukolle op die vragskuit – onder ’n lorrie se treiler; Op die passasiers­pont slaap die passasiers in hangmatte op die dek; Hanlie probeer haar bes om nie van die ewenaar af te val in die stad Macapá nie.
Oorkantste blad. Die plaaslike inwoners bly meestal op rivieroewe­rs – al die geboue is op stelte. Die meeste aksie is op die water: handelswar­e word uitgeruil en mense beweeg heen en weer. Hanlie het amper op dié tarantula getrap!
Links, van bo na onder. Hanlie was die enigste vrou op die (onwettige) vragskuit. Hier sit sy saam met ’n paar vriendelik­e Brasiliaan­se lorriebest­uurders in die enigste skadukolle op die vragskuit – onder ’n lorrie se treiler; Op die passasiers­pont slaap die passasiers in hangmatte op die dek; Hanlie probeer haar bes om nie van die ewenaar af te val in die stad Macapá nie. Oorkantste blad. Die plaaslike inwoners bly meestal op rivieroewe­rs – al die geboue is op stelte. Die meeste aksie is op die water: handelswar­e word uitgeruil en mense beweeg heen en weer. Hanlie het amper op dié tarantula getrap!
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa