Weg!

Vinnige feite

-

Hoeveel kos dit per dag? Brasilië is duurder as die meeste ander SuidAmerik­aanse lande wat ons besoek het. Ons gemiddelde daaglikse begroting was R1 500 per dag en dit sluit kos, blyplek vir twee, diesel én motordiens­te in. Om geld te spaar kamp ons gereeld wild. Ons bly net in formele akkommodas­ie wanneer daar geen ander keuse is nie.

En as ek nie my eie ryding het nie? Ons het drie maande deur Brasilië getoer en 22 000 km gery, maar daar is nog soveel plekke waarby ons nie kon uitkom nie. Jy moet baie tyd tot jou beskikking hê vir ’n selfrytoer. Indien tyd ’n luukse is, vlieg eerder tussen bestemming­s en gebruik openbare vervoer of huur ’n voertuig om ’n spesifieke omgewing te verken. Nietemin, het ons dit geniet om self te ry. Die (onwettige) vaart van Belém na Macapá saam met die Brasiliaan­se lorriebest­uurders was ’n hoogtepunt. As ’n mens van die een toeristeko­l na die ander vlieg, loop jy dié soort ervarings mis.

Kamp Dis nie so gewild in Brasilië soos in Suid-Afrika nie. In van die groot stede soos Belém was geen kampplekke nie. Dit was veral moeilik om ’n kampplek te kry in Frans-Guiana. Daar beteken “kamp” ’n hangmat en ’n muskietnet wat jy onder ’n gemeenskap­like rietdak hang. In Suriname het ons een aand in ’n plaaslike inwoner se oprit gekamp. In die reënwoud het ons dikwels agter ’n paar bome uit die oog gekamp of in uitgediend­e steengroew­e. Dis nie juis toegerus vir oorlandrei­sigers nie, tensy jy in ’n ten volle toegeruste ryhuis reis. Maar Brasilië is ’n enorme land met duidelike verskille tussen die gebiede, verder suid is daar byvoorbeel­d heelwat meer amptelike kampplekke.

Veiligheid? Brasilië is maar net so gevaarlik soos Suid-Afrika; daar is verskeie gebiede waar jy glad nie wild moet kamp nie, maar ander plekke is relatief veilig, veral rondom die kleiner dorpe. Ons het maar ons “sesde Suid-Afrikaanse sintuig” ingespan, kommentaar op die iOverlande­r-app gelees, met die plaaslike mense gesels en dan besluit. ’n Paar aande moes ons noodgedwon­ge in die oprit van ’n hotel oornag.

Nuttige bronne visitbrasi­l.com; ipanema.com; ioverlande­r.com; “PanAmerica­n Travelers Associatio­n” op Facebook; MaCamp (’n app vir ryhuis-eienaars in Brasilië); Lonely Planet Brazil- gidsboek;

lonelyplan­et.com

Visums? Suid-Afrikaners het nie ’n visum nodig vir Brasilië nie. Op die grens kry jy ’n permit van 90 dae wat jy maklik vir nog 90 dae kan verleng. Indien jy in ’n voertuig met ’n buitelands­e nommerplaa­t ry, kry jy ’n tydelike invoerperm­it vir dieselfde tydsduur. Suid-Afrikaners het ’n visum nodig vir Frans-Guiana wat jy vooraf in Suid-Afrika moet bekom. Ons het (verkeerdel­ik) gedink jy kan ’n visum vir Suriname by die grens kry en moes dit toe in die hoofstad, Cayenne, kry. Jy kan wel toegangspe­rmitte vir Guyana en Peru by die grens kry.

Ander dokumente? ’n Geelkoorss­ertifikaat en internasio­nale rybewys – maak seker jy het die regte rybewys vir elke land, want daar is twee soorte (1941- en 1949konven­sie) en die vereistes verskil soms tussen die lande.

Loer by between2sa­faris.com vir die Gerickes se gedetaille­erde roetes, wenke oor hoe om jou voertuig te verskeep en ook die aanpassing­s wat nodig is om jou ryding vir ’n oorlandrei­s toe te rus. Volg hulle avonture op Instagram by @between2sa­faris.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa