Weg!

REDAKTEURS­BRIEF Toast sê...

-

Om foto’s te neem is een van die grootste plesiere in die lewe. Dis iets persoonlik­s – maar jy kan dit met die hele wêreld deel. Jy kan fotografie integreer in byna enige van jou ander belangstel­lings; of dit nou voëlskyk, geologie of kosmaak is – of jy kan dit doen bloot vir die lekkerte daarvan. Die plasing van lesersfoto’s is nog altyd deel van die DNS van die Wegtydskri­f. Die lesers van Weg is ’n gemeenskap versprei oor die ganse Suid-Afrika, en ook elders in die wêreld. Dié gemeenskap – wat natuurlik almal hier in die Weg- kantoor insluit – deel ’n liefde vir reis, die buitelewe, die platteland, plase, wilde plekke en die mooi diere wat padlangs gesien kan word.

Fotografie is die “taal” wat ons saamsnoer. Deesdae het almal kameras, want almal het ’n slimfoon – die moderne mik-en-druk. Vir diegene wat hulle stokperdji­e ernstig opneem, is daar digitale kameras van elke aard, of jy nou ’n Go-Pro rondom jou kop wil vasgespe en in ’n kajak by ’n waterval wil aftuimel, en of jy met die nuutste spieëllose kamera in die voëlskuili­ng wil gaan sit net om die manne met die tradisione­le D-SLR’s aan die mor te sit – dis net jou begroting wat jou keuse van kamera beperk.

Dit maak natuurlik ook nie regtig saak waarmee jy skiet nie – dis jou fóto’s wat saakmaak. Jy kan jou spogfoto WhatsApp vir vriende, of jy kan dit deel in ’n Facebook-album, of dit op Instagram laai.

Ons lewe in ’n wêreld van prentjies, en dis hier waar “Mense se lense” inpas. Dié afdeling in Weg publiseer lesersfoto’s en deel fotografie­wenke op ’n vlak wat enige beginner kan verstaan. In hierdie bylaag vier ons van die beste foto’s van die afgelope paar jaar en gebruik hulle om wenke te illustreer.

Ons publiseer ook gunsteling­e van Weg se Instagramb­lad, @menseselen­se, en die landskapfo­tograaf Jon Kerrin vertel hoe hy die pragfoto op die voorblad geneem het.

Geniet dit!

 ??  ??
 ??  ?? VOORBLADFO­TO Slangkop-vuurtoring, Kommetjie
Jon Kerrin
IG: @wheretheli­ght_is
VOORBLADFO­TO Slangkop-vuurtoring, Kommetjie Jon Kerrin IG: @wheretheli­ght_is

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa