Weg!

KOMPOSISIE

-

KIES JOU TEIKEN. Maak seker jy weet wat die hoofvoorwe­rp in jou raam moet wees. Die koedoebul met die drie draaie? Of die een met die twee draaie langs hom? Maak seker jou hoofvoorwe­rp (ja, ja, dis die een met drie draaie!) vertoon prominent – én dit moet in fokus wees! BESLUIT WAAR DIE VISUELE IMPAK LÊ. ’n Trop olifante sorg altyd vir mooi foto’s – maar hoe laat jy jóú foto uitstaan bo die ouens wat langs jou in die wildkykvoe­rtuig sit? Kyk na Annemarie se oulike foto hierbo. Sy het ingezoem op één klein ollie.

Die grotes se bene (wat amper soos boomstompe lyk) “raam” nou vir Junior. En die slurp van die een verskaf skaal en omdat dié aan die kleintjie raak, het Annemarie ’n byna intieme olifant-oomblik hier vasgelê.

HORISONTAA­L OF VERTIKAAL? Gaan jy in portretfor­maat (met die kamera vertikaal gehou) of landskapfo­rmaat (met die kamera horistonta­al gehou) neem? Dikwels bepaal die voorwerp van jou foto watter een om te kies.

’n Kerk met ’n hoë toring vra dadelik vir ’n portretfor­maat – wanneer jy naby staan – omdat die toring hoog is en dus moet “inpas”. Maar as jy ’n bus van die kant af kiek, sal die landskapfo­rmaat beter werk. Goeie fotograwe neem altyd foto’s van dieselfde toneel in horisontal­e én vertikale formaat, want dan het jy later verskeie opsies.

DIE REËL VAN DERDES. Nes Rod Stewart se “Sailing” is die reël van derdes ’n Goue Oue wat steeds sy plek het. Verdeel jou raam in derdes, van bo na onder en van links na regs.

Plaas jou voorwerp (daai seiljag...) by een van die plekke waar dié denkbeeldi­ge lyne kruis, en jou komposisie is dadelik sterker.

SIMMETRIE. Soms wil jy juis simmetrie in jou foto sien: Plaas jou voorwerp in die middel van die foto en “balanseer” die twee helftes van die raam weerskante daarvan. Die lig is mooi en die toneel voor jou pragtig – maar hoe rangskik jy die elemente binne jou raam? Jy moet soos ’n goeie binnenshui­se versierder werk – kyk wat kom waar, wat bly binne die raam, en wat word uitgesny?

 ??  ?? Olifante in die Krugerwild­tuin deur Annemarie du Plessis (IG: @annemarie_du_plessis) met ’n Canon EOS 1D Mk. II en ’n Canon 200-400 mm-lens.
Olifante in die Krugerwild­tuin deur Annemarie du Plessis (IG: @annemarie_du_plessis) met ’n Canon EOS 1D Mk. II en ’n Canon 200-400 mm-lens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa