Weg!

FOKUSDIEPT­E

-

Moenie skrikkerig wees vir praatjies oor fokusdiept­e (of velddiepte –

depth of field in Engels) nie. Dis nie so tegnies as wat dit klink nie. Kry dit onder die knie en jou kreatiwite­it gaan sommer binnekort die hoogte in skiet.

WAT IS DIT? Fokusdiept­e ( depth of field) verwys na die afstand in jou foto tussen die voorwerp in fokus nááste aan die kamera en die vérste voorwerp, wat ook in fokus is.

VLAK FOKUSDIEPT­E. Wanneer fotograwe praat van ’ n vlak of smal fokusdiept­e, is die afstand tussen die verste en naaste oorwerp wat in fokus is, (of dele van een voorwerp) klein. Celeste se skulpfoto hierbo illustreer dit goed – daar is een vlak van die raam wat skerp in fokus is (haar lensopenin­g was f1.8).

Die skulpe selfs net effens nader aan die kamera is uit fokus, en die skulpe effe dieper in die foto ook. Jy kan hierdie effek gewoonlik kry deur jou kamera se lensopenin­g groter te stel – gebruik die laer waardes van jou lens se f-stop, soos byvoorbeel­d f3.5. Dis ’ n lekker tegniek om toe te pas indien jy een voorwerp wil uitlig en ander dele van jou raam uit fokus wil hou, soos ’n agtergrond wat dalk die kyker se aandag kan aftrek van die akkedis wat jy afneem.

WYE FOKUSDIEPT­E. ’n Foto met ’ n wye of diep fokusdiept­e is in fokus van naby die kamera tot ver in die agtergrond. Tipies kry jy dit reg met jou lensopenin­g kleiner gestel: die waarde van jou f-stop moet groter wees, soos f11 of f16.

KEN JOU TOERUSTING. Elke kamera en lens se vermoë is anders. Leer ken die beperkinge van jou toerusting. By fokusdiept­e bepaal die lens dikwels wat jy kan doen. Slegs (duurder) spesialisl­ense se f-stop kan so laag as f2.8 of f1.4 wees – hierdie lensopenin­ge is perfek vir ’ n baie vlak fokusdiept­e.

Maak vrede daarmee as jy joune nie laer as f3.5 of f4.5 kan stel nie. Jy sal steeds die effek verkry.

’n Zoemlens gooi dadelik die agtergrond uit fokus, maar al maak jy die lensopenin­g f22 gaan jy nie als van die voor- tot agtergrond skerp kry nie.

Dis nie die einde van die wêreld nie.

 ??  ?? Tusanstran­d, by Miri, Maleisië, deur Celeste du Plessis (IG: @whileshewa­nders) met ’n iPhone XS.
Tusanstran­d, by Miri, Maleisië, deur Celeste du Plessis (IG: @whileshewa­nders) met ’n iPhone XS.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa