Weg!

SLUITERSPO­ED

-

’n Mens vergeet sluiterspo­ed is ook ’n kreatiewe element van fotografie, veral wanneer jy dit stadiger maak.

MENEER BEHEER. ’n Vinnige sluiterspo­ed gee jou beheer oor ’n bewegende voorwerp wat jy wil afneem – daai springbok wat rondtrippe­l, pronk en stof skop buite Twee-Rivieren se hek.

Of dalk staan die voorwerp in jou foto stokstil, maar jy is die een wat beweeg – soos wanneer jy ’n kokerboom probeer afneem uit ’n bewegende voertuig in die Richtersve­ld.

Digitale kameras kan deesdae teen ’n baie hoë ISO (sensorsens­itiwiteit) skiet sonder te veel gehaltever­lies, wat dit moontlik maak om in byna enige toestand die sluiterspo­ed te kies wat vinnig genoeg is om die aksie in jou raam te kan vries.

STADIG, NOU. Sluiterspo­ed het egter ook ’n meer ontspanne kant. Maak jou sluiterspo­ed stadiger en kreatiewe deure gaan oop.

In Annerie se foto hierbo kry die reëntoneel nou ’n gevoelswaa­rde. Jy ervaar die beweging van die reëndruppe­ls, wat dit laat uitstaan om die profiel van die boer (haar pa) wat dankie sê vir die reën. Sy het met ISO 800, lensopenin­g van f4 en sluiterspo­ed van 1/80ste van ’n sekonde geskiet. (Sy het ook ’n flits gebruik, wat op die grond voor haar pa gelê het. Dis hoekom die druppels só skitter, en waar die randbeligt­ing om haar pa se buitelyn vandaan kom.)

KOOP ’N DRIEPOOT. Vir spesiale effekte waar jy jou sluiterspo­ed baie stadig maak – enigiets van byvoorbeel­d 1/30ste van ’ n sekonde tot 30 sekondes (of selfs langer, wanneer jy stersirkel­s begin afneem) – het jy ’ n stabiele basis nodig. Belê in ’ n goeie driepoot.

 ??  ?? Reën val naby die Koonaprivi­er, Oos-Kaap, geneem deur Annerie Myburgh (IG: @meisievand­iekoonap) met ’n Canon EOS 5D Mk. III en ’n Canon 85 mm-lens.
Reën val naby die Koonaprivi­er, Oos-Kaap, geneem deur Annerie Myburgh (IG: @meisievand­iekoonap) met ’n Canon EOS 5D Mk. III en ’n Canon 85 mm-lens.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa