Weg!

MEESTERKLA­S

Die voorbladfo­to vir hierdie bylaag is geneem deur die landskapfo­tograaf Jon Kerrin. In hierdie artikel verduideli­k hy stap vir stap hoe hy dit geneem het. Slangkop-vuurtoring, Kommetjie, Wes-Kaap, afgeneem deur Jon Kerrin met ’n Fujifilm X-T3kamera en

-

Só neem Jon Kerrin ’n voorbladfo­to

Ek woon in Simonstad en neem oor die afgelope vyf jaar foto’s van die Kaapse Skiereilan­d. Die Skiereilan­d is uniek omdat hier só baie pragtige natuurtone­le teenaan die woongebied­e lê. Omdat ek hier bly, kan ek die landskap in al sy gedaantes afneem, selfs stormweer.

Die natuur bied ontvlugtin­g en vrede, maar ook tye wanneer die weerstoest­ande jou amper bang maak. Veral wanneer ’n storm die kuslyn tref, kan dit ’n diep indruk op jou maak.

Myns insiens is dít waaroor landskapfo­tografie gaan: Om nie net af te neem wat my oë sien nie, maar ook om ’n gevoel van grootsheid en bewonderin­g vir die natuur oor te dra.

Ons ervaar die natuur met meer sintuie as bloot sig: Jy ruík die sout seelug, hóór die klotsende water en skreeuende meeue en vóél die wind teen jou gesig.

Dis ’n uitdaging – dalk selfs onmoontlik! – om al hierdie ervarings in die raam van ’n enkele foto vas te lê. Maar as fotograwe is dit iets waarna ons streef.

TOERUSTING

Dis moontlik om goeie landskapfo­to’s met eenvoudige toerusting te neem. Die gehalte van ’n foto gaan meer oor die storie wat dit vertel as die tegniese aspekte daarvan.

Die duurste kamera is nie noodwendig die beste een nie. Deur jouself te veel met toerusting te beslommer vergeet jy later van die foto. Dit is wél waar dat gehaltetoe­rusting jare lank plesier sal verskaf.

Ek het die voorbladfo­to geneem met my Fujifilm X-T3- spieëllose kamera. Vir landskapfo­tografie is dit belangrik dat jy al jou verstellin­gs kan beheer (deur handmodus, oftewel “manual”) en lense kan wissel. Dit beteken dat jy byna enige moderne D-SLR of spieëllose kamera kan gebruik.

Ek het my Fujifilm-wyehoekzoe­mlens gebruik, die 10-24 mm (16-35 mm-volraamekw­ivalent). Landskapfo­tograwe is lief vir ’n wyehoeklen­s, want dit stel jou in staat om meer van die toneel in te pas.

Wees egter versigtig, want die wyehoek kan ’n voorwerp wat te na aan die kant van die raam is, skeef trek. Sorg dat jou voorwerp (soos die vuurtoring in my geval) na aan die middel van die raam is sodat dit nie onnatuurli­k lyk nie.

’n Driepoot is ononderhan­delbaar wanneer jy ’n stadige (of lang) sluiterspo­ed gebruik.

Myne is ’n Leofoto Ranger LS-285C met koolstofve­selbene en ’n LH-36-koeëlkop.

Uit jare se ondervindi­ng kan ek sê ’n goeie driepoot moet een van ’n landskapfo­tograaf se grootste beleggings wees. Weerstoest­ande is onvoorspel­baar, en jy wil nie sukkel met ’n goedkoop, wankelrige driepoot nie.

Die wind en reën gee nie om of jy ’n amateur of beroepsfot­ograaf is nie: dit ruk en pluk almal ewe veel! ’n Goedkoop driepoot kan lei tot teleurstel­lende foto’s wat “sag” in fokus is omdat die wind die driepoot laat beweeg het. ’n Goeie driepoot wat mooi opgepas word, sal jare lank diens doen.

Hierdie foto is redelik tegnies, want ek het ook twee filters gebruik: ’n NiSi 6-stopneutra­ledigtheid­s- ( neutral density, ND) en ’n 3-stop- sagte gegradueer­de neutraledi­gtheidsfil­ter ( soft graduated ND filter).

Dié filters word gebruik om die intensitei­t van lig in verskillen­de dele van die foto te balanseer. Ek wil my beligting oral eweredig hê, en die filters help om die helder lug nie te laat “uitbrand” wanneer ek die baie lang sluiterspo­ed gebruik nie. Die lang sluiterspo­ed is noodsaakli­k, want dis al manier om die wasige effek in die wolke en water te kry.

Kry egter eers jou kamera onder die knie in “manual mode” voor jy begin sukkel met filters, want anders raak jy dalk net deurmekaar. Dit is ’n ekstra kompleksit­eit wat bykom.

VOORBEREID­ING

Ek het die Slangkop-vuurtoring by Kommetjie al baiekeer afgeneem – maar dis elke keer anders.

Ek gebruik gratis weervoorsp­elling-apps en -webwerwe soos windy.com en yr.no sodat ek vooraf weet of daar wind en wolke gaan wees. Die app magicseawe­ed.com sê weer wat die getye maak, en daaruit kan ek aflei of my voorgrond onder water gaan wees, of nie.

Ek dra altyd ’n handdoek saam om nat toerusting af te vee, en ’n stel warm klere vir wanneer die weer skielik draai. Aan die kus dra ek watertekki­es met ’n goeie soolgreep.

As jy voorbereid is, dan hoef jy net te konsentree­r op jou kameravers­tellings en komposisie wanneer jy op die toneel is.

Dis tog hoekom jy daar is!

 ??  ?? Die gebruik van ‘n wyehoeklen­s kan dalk jou voorwerp skeef trek as dit te na aan die rand van die raam is – maak seker die hoofvoorwe­rp is in die middel van die raam. Wees op die uitkyk vir ’n skewe toring.
Die gebruik van ‘n wyehoeklen­s kan dalk jou voorwerp skeef trek as dit te na aan die rand van die raam is – maak seker die hoofvoorwe­rp is in die middel van die raam. Wees op die uitkyk vir ’n skewe toring.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa