Weg!

JAPIE BORNMAN

-

IG: @japiebornm­anphotogra­phy • Canon EOS 7D Mk. II • Canon EF 100-400 mm-lens

JAPIE VERTEL: Ons was in die Pilanesber­g-wildreserv­aat en het rustig sit en koeldrank drink by die Mankwedam toe ek dié klomp kwêvoëls gewaar.

Net toe ek my kamera op die boontjiesa­k laat rus en my komposisie regkry, vlieg daar skielik nóg ’n kwêvoël in my raampie.

Ek het instinktie­f die knoppie gedruk, want ek kon voor my geestesoog sien dat dit ’n mooi foto kon wees – en ek was reg! TOAST SÊ: Hierdie foto illustreer randbeligt­ing baie goed. Soms skyn die son van agter, maar lê reeds laag genoeg aan die horison dat jy hierdie effek kry.

Japie het egter nie direk in die son geneem nie, anders sou die foto meer na ’n silhoeët gelyk het.

Fotografie is nes enige ander ding: Hoe meer jy dit oefen, hoe beter gaan jy word.

Rassie van der Dussen slaan elke liewe dag krieketbal­le, en jy moet ook. Wel, jy moet elke dag probeer foto’s neem (los die trekhoue vir Rassie).

Wanneer jy geoefen is, kom dinge byna as ’n refleks. Jy reageer outomaties. Jou vinger vind die knoppie en jy druk hom.

Hoe meer jy in die natuur kom, hoe beter gaan jy diere leer ken.

Later kan jy voorspel wat hulle gaan doen. ’n Kwêvoël kom aangevlieg – die kans is goed dat hy hom by sy maats gaan aansluit. Hoekom? Want kwêvoëls is sosiale voëls en hou daarvan om saam uit te hang (en te kwê!). Japie se vinnige sluiterspo­ed

(1/1 500ste van ’n sekonde) was belangrik hier.

Sy tydsbereke­ning was perfek, met die vlerke wyd gesprei en met die goue laatlig wat van agter randbeligt­ing aan die voël se buitelyne verleen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa