Weg!

EON GROBLER

-

Canon EOS 1200D • Canon 18-55 mm-lens

EON SKRYF: Ek is 13 jaar oud en het hierdie foto geneem op die plaas net buite Stellenbos­ch waar ons woon.

Dis ’n gevlekte ooruil wat omtrent elke aand vlugtig sy vangs (meestal muise soos hierdie Krebs se vetmuis, Steatomys krebsii) kom wys. Hy het al reënspinne­koppe, rotte, paddas, molle, skeerbekmu­ise, sprinkane, gewone slakvreter-en olyf huisslange­tjies kom wys.

Hy woon op die plaas en ons hoor hom dikwels. Hy is nogal mak – ’n mens kan hom streel (hy is baie sag) en hy hou daarvan om op jou kop te kom sit!

Ek jaag omtrent elke aand om my kamera gereed en die verstellin­gs perfek te kry. Vir hierdie foto was dit soos volg: lensopenin­g f14, sluiterspo­ed 1/200ste van ’n sekonde en ISO 100, en ek het die ingeboude flits gebruik. Ek kry gewoonlik net een kans voordat hy wegvlieg. Hierdie is my beste foto nóg van hom.

TOAST SÊ: Hierdie is glad nie ’n veelkleuri­ge foto nie, maar kyk net hoeveel impak daai druppeltji­e rooi bloed maak!

Dis dalk effe grusaam, maar sjoe, dit maak die foto ekstra-spesiaal – dis Eon se X-faktor.

Ook die kontras tussen die vaal, lewelose ogie van die stomme vetmuis en die lewendige vlamgeel oë van die uil is besonders.

Hierdie is die soort voëlfoto waarvoor beroep s natuur fotograwe hulle gewoonlik met uilmis moet besmeer en sewe maande lank in ’n lusernbaal wegkruip met die hoop dat ’n uil – dálk – op presies die regte plek kom land sodat een van vier flitse mét ’n tikkie geluk die uil reg belig – en dan praat ons nie eens van die muis in die snawel van die uil nie! Dié foto skop alie!

En dat dit deur ’n 13-jarige laaitie geneem is – dit gaan ’n paar érnstige fotograwe jaloers maak.

Dis natuurlik nie net ’n pure gelukskoot nie, want Eon moes twee – baie moeilike – dinge regkry hier. Saans kan outofokus selfs ’n perfekte oomblik goed befoeter as dit nie vatplek kry nie. Eon se fokus is egter 100% skerp.

Dan is daar die kamera se ingeboude flits. Die meeste kameras s’n is nie altyd die beste nie, tensy jou voorwerp lekker na aan die lens is.

En wraggies, as hierdie uil enigsins nader aan Eon gesit het, dan sou daai druppeltji­e bloed aan sy lens afgesmeer het...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa