Weg!

WERNER REYNEKE

-

IG: @w_reyneke • Nikon D4 • Nikon 600 mm-lens

WERNER VERTEL: Ek het hierdie foto in die Chobe- nasionale park naby Kasane in Botswana geneem. Ek was op ’n bootvaart op die rivier en het my kamera op ’n driepoot gehad.

Ons het vir ’n trop buffels sit en kyk en ek het dié moeilikhei­dmaker geïdentifi­seer as iets interessan­ts om af te neem.

Ek het ons gids gevra om die boot só te posisionee­r dat ek hom teen ’n skoon agtergrond kan afneem. Die buffel was blykbaar omgekrap en het sy frustrasie­s uitgehaal op als wat oor sy pad kom.

My verstellin­gs was soos volg: sluiterspo­ed 1/1 600ste van ’n sekonde, lensopenin­g f5 en

ISO 320.

Ek het besluit om die foto swart-wit te maak om die tekstuur van die modder op die buffel uit te lig. Dis eenvoudige­r – jou aandag word nie deur enigiets onnodigs afgetrek nie.

TOAST SÊ: Dié ou lyk viés! Ek dink die swart-wit effek werk goed hier. ’n Buffel is reeds swart; dus het jy in elk geval geen kleur verloor nie. Ander diere wat goeie swart-wit portrette kan maak, is sebras, olifante en seekoeie – veral as die seekoei se vel nat en blink is.

Sekere tye van die dag is die lig by die Choberivie­r “hard” en die lug kan wit wees – dis ’n goeie tyd om ’n monochroom foto te neem.

Werner se vinnige sluiterspo­ed het die modderspat­sels mooi vasgevang. Dit lyk asof die buffel gaan “ontplof” van opgekropte energie.

Al is die agtergrond genoegsaam uit fokus (wat sal gebeur wanneer jy met ’n kanon van ’n lens soos ’n 600 mm skiet), was dit ook belangrik dat die buffel se horings bo die horison uitsteek – dit het nou groter trefkrag, skerp afgeëts teen die lug.

’n Puik aksiefoto, Werner!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa