Weg!

RIAAN WOLHUTER

-

Nikon D7200 • Nikon 200-500 mm-lens

RIAAN SKRYF: Oor middagete op ons besoek aan die Olifantsru­skamp in die Krugerwild­tuin het dié trop olifante van die oorkant van die rivier af opgedaag om te kom water soek. Ek het vermoed hulle gaan dalk deur die vlakker deel van die rivier – stroomaf van waar ons gesit het – stap.

Hierdie deel is buite sig van die besoekers komplekse nek het toe my geroosterd­e broodjie net so gelos en met my kamera in die hand gehardloop. Gelukkig was my raaiskoot in die kol en kon ek hierdie foto neem.

Die Kruger bly ’n wonderlike park vol verrassing­s – en met ekstra geduld en moeite gaan jy altyd resultate kry as fotograaf.

TOAST SÊ: Riaan se foto gaan oor die olifante as groep, waar Annemarie s’n hiernaas oor die individu gaan. Deur bloot daardie besluit te maak (om in te zoem op een dier, of wyer te raam en meer in te sluit) dra jy inligting oor aan die kyker. Riaan se foto wil sê: Kyk hierdie trop olifante, kyk hoe navigeer hulle die landskap en hoe bly hulle bymekaar. Annemarie s’n sê weer: Kyk na hierdie kleintjie, en hoe mooi die trop hom beskerm.

Die komposisie is sterk hier, met die ry diere wat diagonaal deur die raam beweeg en dit dus anker van een hoek na die ander.

Boonop word g’n deel van die raam vermors nie: Als is vol olifant, en waar daar nie grootvoete is nie, verskaf die kleur en tekstuur van die water, rotse en plante genoeg vir die oog om nooit eensaam te voel nie – en dís waarvan ons hou hier by “Mense se lense”!

Dit help as jy die gebied ken (Riaan het geweet waar die rivier vlakker is) en ’n idee het van hoe diere hulle gedra (Riaan het vermoed hulle sal verkies om deur die vlakker deel te stap). Sodoende begin jy dinge voorspel en kan jy jouself in die regte posisie kry vóór die aksie plaasvind.

’n Goeie fotograaf moet ’n sterk verbeeldin­g hê. Jy moet vooraf kan “sien” hoe die foto gaan lyk, soos Siener Wolhuter hier gemaak het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa