Weg!

FRANCOIS VAN JAARSVELD

-

I G :@ f ra n c o is. vanjaar s veld .12• N ikon D 600• N ikon 18-36 mm-lens

FRANCOIS VERTEL: E kis’ n amateur-landskapfo­to graaf van Heidelberg, Gauteng, maar neem gereeld groepe( gratis) na die Drakensber­gamfiteate­r. Hierdie foto wys die Eastern B ut tresse n De vil’ sT o ot hen is van die bopunt van die Tugelawate­rval af geneem. Ons oornag op die berg om vir die goue uur teen sonsopkoms gereed te wees.

My kamera is altyd op ’n driepoot gemonteer vir stabilitei­t. Omdat ek spesialise­er in sonsopkoms-en sonsonderg­ang foto’ s moete k altyd die foto’s later redigeer om te vergoed vir die groot verskil in beligting tussen die helder en donker dele van die foto’s. Ek verstel ook kontras, kleurversa­diging en sny soms sekere dele uit om die komposisie te verbeter.

My f-stopverste­lling hier was f6.3 op Aperture Priority-modus. Ek neem drie foto’s op “bracketing” om saam te “blend” in die verwerking om te vergoed vir die donkerste en ligste dele van die foto.

TOAST SÊ: In Francois se foto is die hand van ’n kunstenaar te bespeur.

Die komposisie is perfek met elke grashalm, wolk en bergtand op die regte plek.

Landskap fotograwe kyk na anderding e as wild lewe fotograwe wanneer dit kom by komposisie .’ n Wild lewe fotograaf sal byvoorbeel­d die reël van derdes toepas om te sorg dat die dier op ’n plek in die raam verskyn waarheen die oog natuurlik gelei word. Of, as dit ’n nabyfoto is, dat die kop (en oë) van die dier of voël op die regte plek verskyn.

’n Landskapfo­tograaf het dalk geen dier sigbaar in die raam nie. Ander dinge is belangrik: Die posisie van die son (of: die helderste deel van die toneel), hoeveel lug deel uitmaak van die raam, waarheen die landskap se natuurlike lyne jou heen lei, en dalk watter rol die wolke speel. Kyk hoe belangrik is die miswolke in Francois se foto: Hulle gee iets boeiends om na te kyk tussen die voorgrond en die agtergrond.

Die reël van derdes is hier ook aktief. Kyk waar sit die oranje gloed van die son regs bo in die raam – net mooi een derde van bo af, en een derde van die regterkant van die raam.

Party puriste sal sê dat “blending” van foto’s ’n kroekspul is, maar die waarheid is dat jy destyds in ’n donkerkame­r dieselfde effek kon kry, mits jy geweet het wat jy doen. Deesdae is dit effens makliker.

Jy het sagteware soos Photoshop nodig, en dan klop jy bloot aan by YouTube (soek byvoorbeel­d “How to cleanly blend 3 exposures in Photoshop”) en soek ’n slim ou om als stap vir stap aan jou te verduideli­k.

Maak seker dat jy die basiese dinge reg doen, soos Francois hier uitstippel. Jou kamera moet op ’n driepoot wees sodat elke komposisie presies dieselfde is – anders “pas” die foto’s nie oor mekaar nie.

Jy moet “bracket,” met ander woorde jy moet een foto ’n bietjie donkerder belig as die ander, en die derde foto weer ligter. Jy kyk na die beligting vir die helderste deel van die foto (gewoonlik die lug), die donkerste deel (dikwels die voorgrond, maar in Francois se foto die skadukant van die kranse) en iewers tussenin. As jy reg ge-“blend” het, sit jy met ’n foto wat oral reg belig is.

Francois se foto is egter meer as net tegniek. Dit wys ook dat harde werk (daai bergklim, daai vroeg opstaan...) vrugte afwerp.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa