Weg!

MARESE HERBST

-

Canon EOS 5D Mk. III • Canon 70-200 mm-lens

MARESE SKRYF: Dié foto is naby Sossusvlei in Namibië geneem.

Ons het dié oggend vieruur opgestaan en was reeds vyfuur by die ingangshek – ons wou sonsopkoms­foto’s in die duine neem. Maar omdat ons net buite die Namib-Naukluft- nasionale park gekamp het (by Sossus

Oasis), kon ons eers sesuur ingaan. (As jy by Sesriem kamp, mag jy vroeër ingaan.)

Teen daardie tyd staan die

toeriste al tou, want almal wil vroeg by Sossusvlei of Duin 45 uitkom. Ek het hierdie foto om 6.43 vm. geneem.

Wat ’n belewenis om die son te sien opkom waar alles nog so rou en skynbaar ongerep is.

TOAST SÊ: Hier’s ’n kameeldori­ngboom wat die reël van derdes pligsgetro­u gehoorsaam!

Dit staan netjies een derde van regs in die raam. ’n Meer simmetries­e komposisie (met die boom in die middel van die foto) sou ook gewerk het, maar ek hou van hoe Marese dit gedoen het.

Nou sien ons die uitgestrek­te woestynlan­dskap onbelemmer­d links van die boom.

Wanneer jy bome afneem, moet jy altyd bewus wees van die agtergrond. Marese se boom staan goed uit teen die agtergrond omdat sy ’n baie vlak fokusdiept­e het – haar f-stop was net f2.8.

Met ’n f-stop van f8 of f11 sou die agtergrond skerper in fokus gewees het.

Nog ’n truuk is om plat te lê wanneer jy ’n boom afneem. Dan sal die boom heel moontlik bo die horison uitstaan, wat dit ook meer trefkrag sal gee.

Die Namibwoest­yn praat sy eie taal, en wakker fotograwe weet dat sy skoonheid in die stil goed lê: ’n Stom duin wat sy perfekte kurwe lugwaarts kronkel, die

krake op die klipharde vloer van Dooievlei, en die statige eenvoud van die droë kameeldori­ngbome, soos hierdie een wat Marese afgeneem het.

Jy moet vroegoggen­d se sagte lig (en weer laatmiddag, wanneer die hittegolwe begin slap hang) gebruik. Selfs al haal jy dit nie tot by Duin 45 vir sonsopkoms nie – stop wanneer jy iets treffends sien. Laat die ander karre maar verbyjaag en neem jou foto.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa