Weg!

STEVE TRIMBY

-

IG: @trimbystev­e • Canon EOS 6D • Canon 24-105 mm-lens

STEVE SKRYF: Hierdie kol is ’n entjie van Waenhuiskr­ans in die Wes-Kaap af. Dis makliker om met ’n 4x4 hier uit te kom, veral met kameratoer­usting, maar dis ook stapafstan­d van die dorp af.

Vroegoggen­d en laataand bied natuurlik die beste lig vir buitefoto’s. Ek was al vroeg op pad en is met ’n skouspelag­tige sonsopkoms beloon. Dié foto is sowat ’n uur ná sonsopkoms geneem.

Ek het ’n LEE Big Stopper-filter gebruik wat jou toelaat om ’n lang beligtings­tyd toe te pas (in dié geval 20 sekondes) – dis hoekom die see so satynglad lyk.

Die statiese elemente (soos die rotse) bly skerp terwyl die bewegende elemente dromerig vertoon. Ek gebruik die filter gewoonlik vir seetonele, want dit gee altyd ’n kunstige afronding.

Ek het die foto geneem met ’n ISO van 400 en ’n lensopenin­g van f13 met die lens teen 24 mm.

TOAST SÊ: Steve se lensopenin­g van f13 was klein genoeg om ’n wye fokusdiept­e te skep. Alles is in fokus, van die rotse hier naby tot die wolke wat op die horison lê. Dis gewoonlik dié soort fokusdiept­e wat’ n landskap fotograaf se hart laat sing!

Te danke aan die lang beligtings­tyd word ’n gewone seetoneel hier op sy kop gedraai.

Hierdie truuk is moontlik met die gebruik van die filter, wat vooraan die lens vasgeskroe­f word.

Die LEE Big Stopper is baie donker en verminder die lig wat by jou lens inkom met 10 stoppe.

Gewoonlik is ’n sluiterspo­ed van 20 sekondes iets wat jy in die aand sal oorweeg, want sonder ’n filter soos hierdie sou dieselfde beligting in die dag lei tot ’n oorbeligte, uitgewaste beeld. (Steve sou natuurlik ook ’n driepoot gebruik het.)

Hierdie soort filters is aan die duur kant, maar dis die geld werd as jy ernstig is oor landskap fotografie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa