Weg!

GERHARD VAN HELSDINGEN

-

Nikon D7000 • Sigma 105 mm-lens

GERHARD SKRYF: Ons woon in Vermont, en nadat ons een oggend in Maart misreën gekry het, het ek in die tuin rondgestap op soek na reëndruppe­ls om af te neem.

Ek het dié foto sonder ’n driepoot geneem omdat die blomme te laag op die grond was.

TOAST SÊ: Gerhard se fokusdiept­e is vlak in hierdie foto (hy het f5.6 gebruik). Dis gewoonlik wat jy wil hê met ’n foto waar jy een klein detail wil uitlig – die druppeltji­e, in dié geval. Die agtergrond en voorgrond is steeds belangrik, want dit dra kleur by wat die oog trek. Daar is ook steeds duidelik sigbare lyne – die kartelings van die blomblare hier voor en na agter – wat die komposisie help versterk.

Gerhard se sluiterspo­ed was 1/800ste van ’n sekonde, wat gewoonlik vinnig genoeg sal wees om bewegings- blur te voorkom.

Tóg, ’n driepoot dwing jou om stadiger te werk te gaan en dus meer aandag te gee aan als wat jy doen – van ligverstel­lings tot komposisie.

Onthou altyd dat sluiterspo­ed, lensopenin­g (f-stop) en ISO ( jou sensor se ligsensiti­witeit) saam werk om die regte beligting te verseker. Verstel aan die een en jy sal aan die ander ook moet verstel. Gehard se ISO hier was 400. Indien hy dit byvoorbeel­d 800 gemaak het, sou hy ’n selfs vinniger sluiterspo­ed kon gebruik.

Maar dit was nie nodig nie, want dis nie ’n aksiefoto nie. En indien hy dalk sy fokusdiept­e effens wyer wou maak en byvoorbeel­d f8 gebruik het, dan sou hy weer tevrede moet wees met ’n stadiger sluiterspo­ed, soos 1/400ste van ’n sekonde (teen dieselfde ISO van 400).

Die skerp detail van die vet waterdrupp­el span hier saam met die helder kleure van die blom vir ’n foto wat dadelik die aandag trek. Ek hou van die eenvoudige komposisie met die druppel wat een derde van links in die raam sit.

Die res van die raam lê wyd oop, en skep die gevoel van ruimte – ’n tuin lekker groot genoeg vir arms swaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa