Weg!

COERIE FERREIRA

Canon EOS 1D Mk. III • Canon 400 mm-lens met ’n 1.4x-omsetter

-

COERIE VERTEL: Ons woon langs die Vaalrivier naby Bothaville, maar ek en my vrou was op vakansie in Ballito. Die Ballito Pro-branderpla­nkrykompet­isie was toevallig aan die gang, en ek het my kamera en driepoot gevat en twee dae lank gestaan en foto’s neem.

Die resultate was nogal goed. ’n Australies­e vrou wat deelgeneem het, het my gevra of ek van my foto’s vir haar kan aanstuur – en sy was baie beïndruk.

Ek probeer aksiefoto’s op ’n lensopenin­g van tussen f6 en f8

neem met ’n ISO van 200-400 om ’n redelike sluiterspo­ed te kry – en tog ook ’n bietjie fokusdiept­e.

Hier was my lensopenin­g f6.3, die ISO 200 en die sluiterspo­ed 1/1250ste van ’n sekonde.

TOAST SÊ: Ja, met sportfotog­rafie is ’n vinnige sluiterspo­ed so nodig soos stroop op jou grondboont­jiebottert­oebroodjie. Coerie s’n was blitsig genoeg om byna elke waterdrupp­el te vries, asook die beweging van die surfer.

Coerie het ook sy oomblik reg gekies, want die surfer se posisie – een hand wat die bord vashou, die ander wat lyk of hy duim wys – is nét reg.

Die diagonale lyn wat die branderpla­nk maak, werk goed saam met die arms en bene om die komposisie interessan­t te maak. Hierdie lyne – die arms en bene – lei jou na die ou se gesig, waar sy uitdrukkin­g (iewers tussen komkommerk­oel en klou vir wat jy het!) jou ook ’n storie vertel.

Knap gedaan, Coerie – jy kry duime op van hier tot in Australië!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa