Weg!

DEBBIE VAN DEN HEEVER

Canon EOS 70D • Canon 17-85 mm-lens

-

DEBBIE VERTEL: Hierdie foto is uit ’n parkie naby ons huis in Secunda geneem.

My kamera was op “Aperture Priority”-modus en ek het meestal gespeel met “spot metering” en “depth of field” (f-stop). Ek het toe ’n paar Harvard-vliegtuie gewaar wat opgestyg het van die vliegveld na aan waar ons woon.

Ek het geen verdere verstellin­gs gedoen nie en kon gelukkig op “Aperture Priority” heelwat mooi foto’s kry. Die kamera het die verdere dinkwerk gedoen!

Die uitdaging was om die vinnig bewegende vliegtuie in fokus te kry.

TOAST SÊ: Netjiese werk, Debbie! Ek hou van die komposisie, met genoeg oop spasie voor die vliegtuie sodat die raam nie beknop voel nie.

Behalwe vir die outomaties­e modus (waar die kamera alles namens jou verstel), het die meeste kameras drie ander drie modusse: “Aperture Priority,”“Shutter Speed Priority” en “Manual”.

As jy Aperture Priority gebruik soos Debbie, dan stel jy self die lensopenin­g (f-stop) en die kamera verstel outomaties die sluiterspo­ed om ’n korrek beligte foto te verseker (teen ’n fokusdiept­e wat jy verkies, soos jy jou f-stop gestel het).

Duidelik was die sluiterspo­ed wat die kamera op besluit het vinnig genoeg om die beweging van hierdie vliegtuie te vries.

Maar gestel dit het nie. Debbie sou dan eerder die Shutter Speed Priority-modus moes gebruik en die sluiterspo­ed self stel – op byvoorbeel­d 1 000ste van ’n sekonde – en die lensopenin­g oorlaat aan die kamera se brein.

Met die kamera op “Manual” moet die fotograaf die sluiterspo­ed sowel as die lensopenin­g stel. Dit gee jou volkome beheer oor die kamera, maar jy moet dan 100% seker maak jy kry jou verstellin­gs reg.

Wat van ISO? Jy kan dit in elk van die bostaande modusse self stel. Maar jy kan jou kamera se ISO ook op “Auto ISO” stel. Dit help veral wanneer jy aksiefoto’s neem (van sport, of diere wat aan die beweeg is) in kwynende lig.

Met jou kamera op Shutter

Speed Priority en Auto ISO kan jy hou by jou vinnige sluiterspo­ed en jou kamera sal die ISO verstel (jou kamera het natuurlik sy beperkinge en kan dalk byvoorbeel­d nie hoër as ISO 6 400 verstel word nie) om ’n goed beligte foto te verseker.

VICKY VERTEL: Ek het dié foto geneem op ’n besoek aan die Serengeti- nasionale park in Tanzanië.

Met die jaarlikse migrasie moet die wildebeest­e die Mararivier oorsteek, en elke dier gee omtrent ’n sprong van blydskap wanneer hulle veilig aan die ander kant kom. Ek het geskiet met ’n sluiterspo­ed van 1/500ste van ’n sekonde, ’n lensopenin­g van f6.3 en ISO van 200.

TOAST SÊ: Ek sou ook só gespring het as ek dit veilig deur ’n rivier gemaak het waar dik krokodille vir my boudvleis lê en wag! Die Serengeti se wildebeesm­igrasie is een van die natuurwond­ers van die wêreld en fotograwe droom oor foto’s soos hierdie.

Wanneer daar soveel is om af te neem – soveel diere, soveel geraas, soveel dinge wat alles op dieselfde tyd gebeur – is dit soms moeilik om kalm te bly en op die basiese dinge te fokus. Onthou dat jou foto steeds ’n goeie komposisie moet hê. En moenie vergeet om jou kameravers­tellings reg te kry nie.

Besluit wat jou hoofvoorwe­rp gaan wees en fokus daarop. In hierdie geval sou Vicky veral aandag moes gee aan die sluiterspo­ed: 1/500ste van ’n sekonde is vinnig, maar vir gemoedsrus kon dit nóg vinniger gewees het. Deur die ISO dalk tot 800 op te skuif sou ’n selfs blitsiger sluiterspo­ed moontlik gewees het, wat sou verseker dat elke modderspat­sel mooi “gevries” was.

Jy kan egter ook eksperimen­teer met ’n stadige sluiterspo­ed, veral in ’n aksietonee­l soos hierdie waar die afsonderli­ke diere teen verskillen­de snelhede beweeg.

Met ’n sluiterspo­ed soos 1/60ste van ’n sekonde sal jy ’n stilstaand­e wildebees skerp kry, die een wat langs hom verbystap se poot wys dalk bewegings- blur en die een wat volspoed hardloop is dalk heeltemal ge- blur. Dit kan interessan­t raak, maar jy sal weer moet probeer om iets moois te kry.

Ek hou van hoe die diere die raam van kant tot kant vul. Dit gee jou die idee van die massa diere wat aan die beweeg is sonder om die aandag van die hoofrolspe­ler (die wildebees wat lyk soos ’n worshond wat op ’n molshoop spring) af te trek.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa