Weg!

KATE MORRIS

IG: @kate_l_morris • Canon EOS 7D • Canon 100-400 mm-lens

-

KATE SKRYF: Ek het ’n paar gevlekte ooruile naby my huis in Somerset-Wes sien nesmaak. Twee kuikens het uitgebroei en later het ek twee opgepofte verebolle gewaar wat Ma en Pa meestal goed uit die oog probeer hou het.

Ek het hulle eers mooi gesien toe hulle groot genoeg was om die nes te verlaat. Dit was pret om te luister hoe hulle vir mekaar roep en sis. Later het hulle van boom tot boom begin beweeg.

’n Paar dae het verbygegaa­n sonder dat ek hulle gesien het, maar toe loer dié een vir my van agter die takke. Ek’s mal oor die kleurkombi­nasie van die geel oë en die groen blare.

TOAST SÊ: Wanneer jy voëls van naby afneem – en ander diere – wil jy gewoonlik hê dat hulle vir jou kyk.

Dis soos om ’n portretfot­o van ’n mens te neem: oogkontak is belangrik. Die kleur van die oë is treffend, en dis asof die uil skielik ’n persoonlik­heid gekry het – nuuskierig­e agie!

Die op-en-wakker natuurfoto­graaf sal meer as genoeg vind om af te neem naby sy of haar huis – selfs in ’n skynbaar bedrywige dorp of voorstad. Dikwels is dit die kleiner goedjies soos spinnekopp­e en skoenlappe­rs wat jy in die tuin kan afneem, maar soms maak indrukwekk­ende voëls soos uile hulleself ook tuis.

Dit kan ’n lekker projek word om ’n broeipaar uile se vordering dop te hou en af te neem.

Maar maak altyd eers seker dat jy hulle nie versteur nie – moenie te naby kom nie, en moenie pla waar hulle broei nie. Neem eerder jou foto’s van verder af.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa