Weg!

EBEN OLIVIER

IG: @eben.olivier • Canon EOS 5D Mk. IV • Canon 14 mm-lens

-

EBEN VERTEL: Dié foto is geneem in die Klein-Karoo op die plaas Paardebond sowat 50 km suidwes van Oudtshoorn af. Dit was reeds sterk skemer toe ek die vuur aansteek langs dié ou murasie op die plaas. Als was net reg om die Klein-Karoo op sy mooiste te beleef: dit was windstil en wolkloos.

Ek het my kamera op ’n driepoot gehad, en my verstellin­gs was: sluiterspo­ed van 25 sekondes, lensopenin­g f2.8 en ISO 200. Ek het die kamera op “manual focus” gesit met die kampstoel in fokus. Daar was net 10 sekondes om my bas op die stoel te kry, koplig aan te skakel en so stil as moontlik te sit vir die volgende 25 sekondes.

TOAST SÊ: Lekker! Hierdie soort aandfoto is pret om te neem. Jy kan op jou eie rondspeel of jou kampvuurma­ats laat saamwerk – vra hulle om doodstil te sit met vellies na die vuur, óf om rond te stap met hulle kopliggies as jy ligstrepe in jou foto wil sien.

Dit lyk my Eben was op ’n eenmanmiss­ie dié aand; dus moes hy self poseer vir sy foto. Dis iets wat enige Weg- joernalis al honderde kere gedoen het, want ons toer dikwels alleen en neem dan ons af by die kampvuur omdat daar geen ander “modelle” is nie...

Jy kan die meeste kameras se “self-timer” stel om ná 5 of 10 sekondes ’n foto te neem. Jy kan dit ook stel om byvoorbeel­d vyf foto’s agtereenvo­lgens te neem, drie sekondes uit mekaar. Dit gee jou meer foto’s per keer wat jy die sluiterkno­ppie druk – anders gaan jy dalk heelaand rondhol tussen jou kamera en jou stoel!

Saans kan outofokus sukkel, en boonop bly dit “soek” na iets om op te fokus nadat jy die sluiterkno­ppie gedruk het. Dít kan daartoe lei dat die kamera skielik op die vuur fokus terwyl jy dit eerder op die stoel wou gehad het. Handfokus gee jou beheer oor die fokus, dan hoef jy nie kanse te vat nie.

Eben se wyehoeklen­s het selfs met die groot lensopenin­g (f2.8) ’n redelik goeie fokusdiept­e gelewer.

Maar gewoonlik moet jy versigtig met f2.8, want dis maklik om ’n fokusfout te maak. Dis veiliger om byvoorbeel­d f5.6 te gebruik, want f5.6 gaan nie ’n fokusfout so duidelik wys soos op f2.8 nie.

Wanneer jy jou f-stop opskuif, sal jou ook jou ISO moet verhoog. In dié geval sou f5.6 dalk byvoorbeel­d ISO 800 vereis het, en nie ISO 200 soos wat Eben gebruik het nie.

Vir die komposisie van hierdie foto is dit belangrik dat Eben dit geneem het voor dit stikdonker was. Die blou lig – die laaste van die sonsonderg­ang – maak nou ’n gloed agter die koppie.

Nou sien ons die horison, en dit verleen diepte aan die toneel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa