Weg!

MELANIE MASKE

IG: @africanmam­aske • Nikon D750 • Sigma 12-24 mm-lens

-

MELANIE SKRYF: Hierdie foto is geneem op ’n twee dae lange bootsafari op die Zambesiriv­ier saam met Caprivi Houseboat Safaris van Katima Mulilo in Namibië.

Dit was ’n besonderse ervaring. Bedags vaar jy op die rivier in ’n boot, en saans kamp jy op eilande in die Zambesi. ’n Mens voel vry en na aan die natuur.

Niemand het woorde gehad vir dié oomblik nie – ons kon maar net na die vuur staar en na die nagstilte luister.

Vir die foto was my kamera op ’n driepoot, en ek het die “selftimer” gebruik om kamerabewe­ging te verhoed. My verstellin­gs was: sluiterspo­ed van 1/60 van ’n sekonde, lensopenin­g f4.5 en

ISO 1 250.

Geen kameraflit­s is gebruik nie, net die mooi lig van die vuur – ek verkies natuurlike lig. As jy die stompies ’n bietjie rondskuif, dan kry jy die vonke wat só ’n mooi effek maak.

TOAST SÊ: Dis belangrik dat die mense in jou foto met hulle gesigte na die vuur sit, anders “verdwyn” hulle in die agtergrond. Almal moet ook so stil as moontlik sit wanneer jy die foto neem.

Kyk hoe anders is Melanie se verstellin­gs as Eben s’n op die vorige blad. Tog het hulle ’n soortgelyk­e toneel ewe suksesvol afgeneem. In fotografie is daar gewoonlik twee of drie maniere om by dieselfde resultaat uit te kom.

Melanie se hoë ISO van 1 250 het haar kamerasens­or baie meer ligsensiti­ef gemaak, en dis hoekom sy ’n veel vinniger sluiterspo­ed as Eben kon gebruik.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa