Weg!

JANCO VAN EEDEN

IG: @jancovanee­den • Canon EOS 760D • Canon 10-18 mm-lens

-

JANCO VERTEL: Dié foto is op die plaas Koppiesdam in die Strydenbur­g-distrik in die Noord-Kaap geneem. Ons het by vriende gekuier. Ek het die foto opgestel deur my kamera op ’n driepoot te sit. Met die hulp van ’n flits het ek die windpomp genoeg belig sodat die foto nét reg uitkom.

My verstellin­gs was: lensopenin­g f4.5, sluiterspo­ed 30 sekondes en ISO 1 600. Ek het later op my rekenaar redigering­swerk gedoen. Die foto is effens ligter gemaak en ek het die Melkweg se kleure meer natuurlik laat lyk sodat dit beter aansluit by die voorgrond waar die windpomp staan.

TOAST SÊ: Wie sou kon raai dat ’n foto van (onder meer) ’n JoJo-tenk jou só nietig kan laat voel? Die platteland van Suid-Afrika – met die Noord-Kaap voor in die koor – is van die beste plekke ter wêreld vir sterrekyk.

In die ou dae van filmfotogr­afie kon jy nie ’n foto soos dié neem nie. Ja, jy kon die lens ure lank oophou en daai stersirkel-effek kry, maar dit was basies onmoontlik om met ’n gewone kamera

die ligpunte van die sterre só uitgestipp­el teen die nagruim af te neem. Die sensitiwit­eitswaarde­s van die film was net nie opgewasse daarvoor nie (dit was raar om destyds ’n film van ISO 1 600 in die hande te kry).

Vandag se digitale kameras het sensors wat skrik vir niks, en jy kan die ISO opstel na 3 200 of 6 400, en soms selfs hoër. Dit het die speelveld vir sterfotogr­afie meer gelyk gemaak.

Die voorgrond is belangrik, want dit plaas Janco se foto binne ’n spesifieke gebied. Ons herken die plaasmotie­f van ’n windpomp en watertenk onmiddelli­k. Dís wat hierdie foto karakter gee.

Iets om in ag te neem: Wanneer jy ’n flits gebruik om die voorgrond te belig, moet jy onthou dat dié lig ’n sekere “kleur” het. Sommige ligte is wit van kleur, ander geel of oranje. Elke “kleur” lig sal ’n ander gevoelswaa­rde aan jou foto gee. Bring ’n paar verskillen­de flitse saam wat verskillen­de kleure lig uitstraal – dan het jy opsies.

Jy het mos heelnag om te eksperimen­teer; die res lê en slaap...

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa