Weg!

Joubert-Tradauw Alfresco Deli

-

Kosfoendi’s sal Beate Joubert van Kokkedoor- faam onthou, of dalk staan haar resepteboe­k, Proe die

Klein-Karoo, op jou boekrak. Wanneer jy hier kuier, is dit inderdaad wat jy doen, want die bestanddel­e wat Beate vir haar Karoo-tapas gebruik, is seisoenaal, vars en meestal net hier op hulle plaas verbou.

Die peuselbord­e (R250, genoeg vir 2 mense) bestaan uit kombinasie­s van vrugte (kakamasper­skes, pere, vye…) varsgebakt­e suurdeegbr­ood met kouevleise, kase, tuisgemaak­te piekels en patees en heerlike spanakopit­a of pasteie. Beate maak ook burgers, gourmettoe­broodjies, slaaie en oor naweke pizzas. In die winter kan jy uitsien na kerrie, brijani, beesstert of bobotie.

’n Boer is mos altyd besig, maar indien jy gelukkig genoeg is om Beate se man, Meyer, raak te kuier sal hy jou baie kontreista­altjies vertel: Hoe hy en Giniel de Villiers as seuntjies kaskarre gebou het, hoe sy tyd as uitruilstu­dent in die Napavallei, Kalifornië, hom oortuig het dat hy en sy pa self moet begin wyn maak eerder as om hulle druiwe aan ander kelders te verskaf en dat jy hier op die plaas selde “meer as ’n hektaar van dieselfde grond sal aantref”.

“Die Klein-Karoo het eintlik maar swak grond,” brei hy uit. “Ek hou baie van pinot noir en het drie goeie oesjare gehad, maar toe brand die wingerd uit. En daarna plant ons toe shiraz – dis ’n meer geharde kultivar vir dié aarde.”

Die wyn wat hulle van dié druiwe verkry, is nie so swaar nie en het ’n meer klassieke Rhône-styl, reken Meyer. Proe ook gerus die 2016 chardonnay

(12 maande op die moer in vate verouder) en die bekende R62- Bordeaux-versnit (cabernet sauvignon, merlot en cabernet franc). Indien jy by die Alfresco Deli aansit, is ’n wynproe aangebied deur Erika Winter (bo) gratis. Indien nie, kos dit R30 p.p.

Waar? 12 km wes van Barrydale aan die R62

Oop Ma. tot Sa.: van 9 vm. -5 nm.; So. slegs vir groepbespr­ekings – reël vooraf.

Kontak 082 304 9000 (Beate, slegs via WhatsApp); joubert-tradauw.com >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa