Weg!

AGTER DIE SKERMS

-

Ons publiseer vandeesmaa­nd die laaste aflewering van Ian Tyrer en sy vriende se baldadige reisjoerna­al (sien bl. 118). Ian se vrou, Mandy, het ’n onmisbare rol gespeel deur die ekspedisie se leisels uit die “hoofkwarti­er” op hulle plaas by Richmond, KwaZulu-Natal, vas te hou. Mandy, hoe hou jou senuwees dit wanneer Ian in die gramadoela­s verdwyn?

Ek het groot waardering vir Ian se avontuurlu­s – dis immers wat my twintig jaar gelede na hom toe aangetrek het. Ek is nooit bekommerd wanneer hy op reis gaan nie. Hoe meer dinge skeefloop, hoe beter is die stories wat hy na die tyd kom vertel! Ian kan in die meeste situasies kophou, maar sou hy werklikwaa­r in groot moeilikhei­d beland, weet ek ek sal kalm bly en een of ander plan bedink.

Ek het ook al ’n groot skoot avontuur saam met hom beleef. In 2019 is ons met rugsakke deur Mosambiek en Malawi. Ek het al teen die buitekant van ’n veerboot afgeklim om gouer aan wal te kom en ’n nag in ’n bordeel deurgebrin­g omdat daar geen ander akkommodas­ie beskikbaar was nie. Kom ons sê maar net: Ek het al alles gedoen wat jou ma sê jy nié moet doen nie!

Ian, wat het jou op hierdie reis laat besluit? En wat neem jy altyd saam op so ’n ekspedisie?

Afrika boei my en ek geniet dit om die vasteland met verskillen­de maniere van vervoer te verken. Op hierdie reis het ons met van motorfiets­taxi’s tot veerbote en treine gereis.

Ek neem altyd malariapil­le saam en glo in ’n goeie tent en rugsak. ’n Klein dingetjie soos oorpluisie­s in geval jy in ’n raserige plek moet slaap, maak ook ’n groot verskil. Tupperware-bakkies is handig vir alles van medisyne en toiletware tot jou selfoon en beursie.

Wat is volgende op julle wenslysie?

Ian: Ons beplan vir 2024 ’n “rustige” reis deur Zimbabwe, Mosambiek en Malawi. Die plan is om uiteindeli­k in Gaboen te eindig. Die jaar daarna wil ek graag Colombië, Peru, Ecuador en Amasone toe.

Mandy: Ek wil graag Madagaskar of Seychelles toe gaan. Ek is mal oor die see, maar hou ook van woude, watervalle en berge... die verskeiden­heid is goed vir my siel.

Enige geliefde bestemming­s nader aan die huis?

Mandy: Ons woon op ’n pragtige plaas met inheemse woude en ’n boomhuis waarin gaste kan slaap. Soms slaan ons sommer self vir die lekkerte ’n tent in die tuin op. En ons geniet dit ook om langs die Wildekus te stap.

Ian: Ja, die Wildekus is beslis ’n gunsteling – veral die deel tussen Mnyameni en Mtentu. Kelly Hein bestuur ’n wonderlike hengelaars­huis by Mtentu ( mtenturamb­le.co.za) en die Salt Rock Hotel ( saltrockbe­ach.co.za) noord van Ballito is ook net ’n uur se ry van die plaas af.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa