Weg!

Ligte uit!

- – Willie Koorts >

Min mense besef hoe vinnig die maan teen die sterre-agtergrond beweeg – dit skuif elke uur met ’n afstand gelykstaan­de aan sy eie deursnee aan! ’n Goeie tyd om dit waar te neem is wanneer die maan ’n helder ster “okkulteer”. En dis ’n nóg groter bonus as die maan ’n hele groep sterre – soos die Sewe Susters – “insluk”!

In vergelykin­g met die Sewe Susters is die maan nogal helder; dus sal dit help vir sigbaarhei­d indien die maan net half is, soos op die aand van 16 Februarie. Die presiese tyd – en watter sterre van die Sewe Susters in die okkultasie betrokke is – hang af van waar jy woon, maar ’n mens kan solank vanaf 9.20 nm. op die vroegste begin kyk. Omdat die maan met sy donker kant vorentoe beweeg, kan die verdwyning dan beter gesien word. En ’n verkyker help ook baie.

Die maan is nie groot genoeg om die héle Sewe Susters te bedek nie; dus begin die eerste sterre reeds weer aan die maan se helder kant verskyn nog voordat die laaste sterre aan die donker kant verdwyn het – wat tot na 11 nm. gaan gebeur (afhangende van waar jy woon).

Let op hoe oombliklik ’n ster agter die maan verdwyn – dit lyk letterlik soos ’n lig wat afgeskakel word! Die verklaring hiervoor het te make met die feit dat ’n ster ’n “puntbron” van lig is en die maan nie ’n atmosfeer het nie. ’n Atmosfeer veroorsaak dat lig gebuig en verstrooi word, wat die sterlig meer geleidelik laat verdwyn en die afskakelpr­oses langer uitrek. Die rand van die maan werk amper soos ’n skeermesle­m wat die lig oombliklik afsny.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa