Weg!

WEET VOOR JY WAAI

-

DIE KERKMUIS

Die restaurant van die Oranjerivi­er-wynkelder se proelokaal bedien van ontbyt tot nagereg. Bestel ’n Kalahari of Grootdrink-peuselbord saam met ’n wynproe of sit aan vir ’n allegaartj­ie of regopstaan­varkribbet­jies. Hulle is oop van Maandag tot Saterdag van 9 vm.-9 nm.

Kontak orangerive­rwines.com 079 594 1339

KOPPIESKRA­AL-KAMEELPLAA­S Hier kan jy op die pan kamp of tussen die interessan­te swart ysterklipp­e wat dalk Farini se verlore Kalaharist­ad was. Hier is geen geriewe nie. Op die pan het jy wel die opsie om naby ’n puttoilet te kamp. Jy kan met die eienaars reël as jy die kamele van nader wil aanskou of die melkery wil bekyk. Hier is goeie hout te koop; R100 vir ’n groot streepsak.

Waar? Die plaas is 223 km van Upington en 120 km van die Kgalagadi-oorgenspar­k

Koste Kamp: Vanaf R200 p.p.

Kontak kameelplaa­s.co.za

073 367 6803

DREGHORN-GASTEPLAAS

Die vier kampplekke is omring deur duine en wyd uitmekaar. Elkeen by ’n mooi kameeldori­ngboom. Elke staanplek het sy eie netjiese badkamer en kombuis. Aan die ander kant van die duine is vyf selfsorgch­alets met ’n gesellige gemeenskap­like braaien kuierarea. Die verblyf is sowat ’n kilometer van die plaashuis waar ’n kroeg en swembad is.

Waar? 210 km van Upington en 65km van die Kgalagadio­orgrenspar­k

Koste Kamp: R50 p.n. twee mense, R80 per ekstra persoon. Chalets R550 p.p.

Kontak dreghornfa­rm.co.za 072 351 5395

KALAHARI ERFENIS

Hierdie is ’n gawe oornagplek as jy uit Gauteng se rigting op pad is Kgalagadi of Botswana toe. Dit gee ’n tikkie luuksheid voor of na die veldervari­ng. Kies tussen luukse kamers, selfsorgsa­farieenhed­e of luukse tente. Die tente met netjiese beddens, staan onder ’n afdak met ’n braaiplek. Die tente deel badkamers en ’n kombuis- en kuierplek.

Waar? 350 km van Kgalagadio­orgrenspar­k en 130 km van die McCarthy’s Rest-grenspos.

Koste Luukse tent: R750 p.n. vir twee mense. Luukse kamers en selfsorgsa­fari-eenhede: R1 100 p.n. vir twee mense.

Kontak kalahari-erfenis.co.za 073 178 8156

LOCH MAREE-GASTEPLAAS Die uitkykduin met sy wye uitsig en braai wat gereed staan, is besonders. Jy kan ook die mooi 4x4-roete aanvat. Die veldkamp het drie hutte en ’n kampplek met 10 staanplekk­e. Die gemeenskap­like braai- en kuierarea het krag. Jy kan ook in die veld kamp. Hier is ’n toilet en stort; jy moet ’n donkie stook.

Waar? 195 km van Upington en 85 km van die Kgalagadio­orgrenspar­k

Koste Kamp: R150 p.p. Hut:

R450 p.p. (slaapplek vir 17 in die drie hutte). Hout is ingesluit by verblyf. Hier’s ook ’n selfsorghu­is langs die eienaars se plaashuis: R700 p.p. met ontbyt (slaapplek vir ses).

Kontak lochmaree guestfarm.co.za

082 351 1834

KGALAGADI LIFESTYLE LODGE Die Black Mane Butcher & Grill is oop van 7 vm.-9 nm. Die lodge is ’n katspoegie van die Kgalagadio­orgrenspar­k af en bied allerlei blyplek, van kamp met jou eie badkamer tussen die duine tot luukse selfsorgch­alets.

Waar? 6 km suid van die Kgalagadi-oorgrenspa­rk

Koste Kamp: R550 p.n. vir twee volwassene­s en twee kinders, R100 per ekstra person (slaapplek vir ses). Selfsorgch­alets: vanaf R550 p.p.

Kontak kgalagadi-lodge.co.za 054 325 0935

 ?? ?? ’n Kampplek op die Dreghorn-gasteplaas.
’n Kampplek op die Dreghorn-gasteplaas.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa