Weg!

JAN STRYDOM

-

Nikon D700

Nikon 24-70 mm-lens

JAN VERTEL: Ek en my vriend Herman Fourie het einde Augustus 2023 vir twee dae gekamp op Breekbeenk­olk tussen Calvinia en Brandvlei in die Noord-Kaap. Die eerste middag was daar ’n stofstorm op die pan en ons moes noodgedwon­ge daardie aand op die buurplaas onder ’n afdak gaan tent opslaan, waar ons darem ’n staanrib kon braai.

Dis waar ek hierdie foto geneem het, met my kamera op ’n driepoot en ’n sluiterspo­ed van 15 sekondes. Die lensopenin­g was f3.2 en ISO 400.

Vir twee dae het ons geen ander mens of voertuig gesien nie. ’n Haas en ’n jakkals was ons enigste geselskap.

TOAST SÊ: Dié deel van die NoordKaap is die wêreld van panne en kolke en vloere. ’n Pan ken ons – dis nou soos Verneukpan – en die naam “vloer” laat jou ook dadelik dink dat dit iets plat is, soos ’n pan. Maar wat presies is ’n kolk? Wanneer jy na ’n kaart van die omgewing kyk, sien jy oral name soos Granaatbos­kolk, Verdorskol­k en Skerpioenk­olk. Ek vermoed ’n kolk is in die droë tyd (met ander woorde 99% van die tyd...) ook maar iets soos ’n pan of ’n vloer. Maar wanneer dit reën, “kolk” die water dalk daar vir ’n ruk saam.

Hoe dit ook al sy, of jy nou op ’n pan, ’n vloer, ’n kolk of sommer net ’n vlakte in Boesmanlan­d staan – dis ’n landskap wat met jou praat op ’n ander manier as die Bosveld of die Sederberg. Dit is ’n plek vir introspeks­ie, vir naderskuif aan jouself.

Jan se nagfoto vang hierdie ánderster energie goed vas. Dit voel vir my asof ek saam sit om die vuurtjie, met die getjie-tjie van die windpomp in die agtergrond en die sterre wat vreedsaam bo ons koppe neurie.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa