Weg!

NAZREEN ESSACK

-

Nikon Z 6ii

Nikon Z 24-200 mm-lens

NAZREEN SKRYF: Hierdie foto is vroegdag geneem in Namibië se Namib-Naukluft- nasionale park. Ek was deel van ’n georganise­erde fotografie­toer – Dooievlei was dié oggend in ons visier. Terwyl ons die kameeldori­nggeraamte­s op die droë pan van Dooievlei afgeneem het, het daar skielik ’n troppie gemsbokke hulle opwagting gemaak.

Hulle het skuins oor die duine beweeg en ek het hierdie een afgeneem net toe hy die kruin bereik. My verstellin­gs was: sluiterspo­ed van 1/1 000ste van ’n sekonde, lensopenin­g f6.3 en ISO 200.

TOAST SÊ: Dooievlei (digby Sossusvlei) is een van Namibië se gewildste bestemming­s vir fotograwe danksy die anderwêrel­dse landskapfo­to’s wat jy van die dooie bome kan neem. Die bome is gelukkig altyd daar; dus moet jy net jou tyd reg kies (vroegdag en laatmiddag) om ’n treffende foto te neem.

Maar gemsbokke is gedurig aan die beweeg, en word eintlik selde in Dooievlei gewaar.

Om ’n gemsbok teen ’n rooi Namibduin af te neem is beslis een van daai foto’s wat op elke ernstige fotograaf se lysie sal wees op ’n besoek aan Namibië.

Nazreen was dus gelukkig – maar sy was ook gereed. Hierdie puik foto werk danksy die silhoeët van die gemsbok wat versterk word deur die diagonale lyn wat die kruin van die duin deur die raam trek.

Onthou, wanneer jy ’n silhoeëtfo­to neem, moet dit duidelik wees – deur slegs na die buitelyne te kyk – watter dier jy afgeneem het. Nazreen se gemsbok is so duidelik soos daglig omdat elke been afsonderli­k uitstaan, die kop in ’n goeie posisie is en natuurlik is daai horings onmiskenba­ar! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa