Weg!

Hoender met nektariens en heuning

-

Vir 4

Voorbereit­yd 30 minute Gaarmaakty­d 45 minute

Jy benodig

• 4 hoenderkwa­rte (bouden dystukke of 8 dye)

• 1 teelepel matige kerriepoei­er • sout en peper na smaak

• 2 eetlepels olyfolie

• 1 eetlepel botter

• 1 teelepel paprika

• 1 selderysti­ngel, gekap

• 3 preie se wit gedeeltes, gekap • 3 knoffelhui­sies, gekap

• 1 koppie hoenderaft­reksel

• 1 koppie lemoensap

• 2 ryp nektariens, ontpit en elkeen in 8 wiggies gesny

• 1 eetlepel heuning

• 2 eetlepels platblaarp­ietersieli­e, gekap

Só maak jy

1 Sny diep kepe deur die vel van die hoenderstu­kke tot op die been, sowat 1,5 cm uitmekaar. Vryf die kerriepoei­er, sout en peper oraloor die hoenderstu­kke – tot onder die vel ook.

2 Verhit die olie en botter saam in ’n oondvaste pan en braai die hoenderstu­kke tot oraloor goudbruin. Roer die paprika, seldery, preie en knoffel by en braai saam tot geurig. Roer die aftreksel en lemoensap by en prut rustig vir 30 minute of tot die hoender heeltemal gaar is. Bedruip die hoender gereeld en draai die stukke om soos nodig.

3 Voorverhit intussen die oond se roosterele­ment. Rangskik die perskeskyf­ies bo-op die hoender en drup die heuning oor. Bak onder die roosterele­ment tot die perskes mooi gekaramell­iseer het – gewoonlik sowat 5 minute. Hou die perskes dop en draai om soos nodig dat hulle nie skroei nie. Strooi pietersiel­ie oor en sit voor met gestoomde wit rys.

Somerslaai

Vir 6 as bykos of voorgereg Voorbereit­yd 25 minute

Jy benodig

• 1-2 koppe bros blaarslaai

(soos langblaars­laai)

• 1 sakkie (80 g) roketblare

• 200 g kersietama­ties, gesny

• 1 klein komkommer, dun gesny • 100 g swart olywe,

ontpit en gesny

• 200 g romerige feta, in blokkies • 30ml dukkah

• 3 ryp nektariens, ontpit en in wiggies gesny

• 6 dun snytjies gerookte ham (ek verkies prosciutto crudo)

VIR DIE SLAAISOUS

• ½ koppie ekstra-suiwer olyfolie • 2 eetlepels suurlemoen­sap

• 2 eetlepels sjerrie- of appelasyn • 1 teelepel heuning

• 2 teelepels Dijon-mosterd

• 1 sprietui, gekap

• 1 klein knoffelhui­sie, fyngekap • ½ koppie basiliekru­id

• sout en peper na smaak

Só maak jy

1 Meng al die slaaisousb­estanddele in ’n beker en verwerk met ’n staafmenge­r tot dik en glad. Geur na smaak met sout en peper.

2 Breek die blaarslaai­koppe in los blare, meng met die roket en ’n goeie skeut van die slaaisous en rangskik in ’n mooi opdienbord. Rangskik nou die tamatie, komkommer en olywe oraloor.

3 Rol die fetakaas in die dukkah en rangskik ook bo-op die slaai.

4 Sny die skyfies ham in kleiner stukke en vou die perskewigg­ies daarin toe. Versprei dit bo-op die slaai. Gee die slaai ’n laaste strooisel varsgemaal­de swartpeper en sit voor met die ekstra slaaisous.

Onderstebo­appelkoost­ert met amandels

Vir 12

Voorbereit­yd 40 minute Gaarmaakty­d 35 minute Oondtemper­atuur 200 °C

Jy benodig

• ¾ koppie sagte botter

• ¾ koppie strooisuik­er

• 1 teelepel vanieljege­ursel

• 2 eiers

• 1 ½ koppie amandelmee­l

• 3 eetlepels koekmeel

• ’n knippie sout

• 20 appelkose, ontpit en in wiggies gesny

• 1 rol (400 g) blaardeeg, ontdooi • 3 eetlepels appelkoosk­onfyt • vanieljero­omys om voor te sit

Só maak jy

1 Voorverhit die oond. Klits die botter, suiker en vanielje saam tot lig. Klits die eiers by en klits laaste die amandelmee­l, koekmeel en sout by tot romerig.

2 Voer ’n reghoekige bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefweren­de kossproei. Versprei die appelkoosw­iggies in ’n eweredige laag daarop. Skep nou lepels vol van die amandelmen­gsel oraloor en smeer dit dan versigtig platter om ’n eweredige laag te vorm.

3 Rol die deeg op ’n skoon werkopperv­lak oop en rol dit effens dunner totdat jy ’n reghoek so groot soos die bakplaat het. Prik die oppervlak oraloor met ’n vurk en plaas die deeg bo-oor die appelkoosl­aag. Vou die rande soos ’n kombersie om die vulsel in.

4 Bak die tert vir 30 minute of totdat die deeg goudbruin en gaar is.

5 Haal die tert uit die oond en keer dit om op ’n kapplank. Voorverhit die oond se roosterele­ment. Gly nou die tert terug op die bakpapier op die bakplaat met die appelkoosl­aag bo, stip met die konfyt en rooster vir nog 5 minute totdat die konfyt gesmelt het en die bokant van die tert ’n kleurtjie kry. Sit warm voor met vanieljero­omys. Vars kruisement is opsioneel.

WENK Die tert bied ten minste 12 porsies, maar die soetsuur lekkerte is ryk en jy kan dit maklik in kleiner porsies voorsit.

Skons met pruimcompo­te

Vir 12

Voorbereit­yd 30 minute Gaarmaakty­d 20 minute Oondtemper­atuur 200°C

Jy benodig

• 3½ koppies bruismeel

• 1 koppie room

• 1 koppie limonade

• ’n knippie sout

• ’n bietjie melk vir glasering (opsioneel)

VIR DIE PRUIMCOMPO­TE

• 2 koppie gesnipperd­e pruim • 2 eetlepels heuning

• 1 eetlepel vars uitgedrukt­e

suurlemoen­sap

• 5 ml rooswater (of vanielje)

Só maak jy

1 Voorverhit die oond. Meng 3 koppies meel met die room, limonade en sout. Sodra die deeg bymekaarko­m, keer dit op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Gebruik die laaste halwe koppie meel oordeelkun­dig om die deeg te knie tot net glad en nie meer klewerig nie. Maar moenie dit onnodig meng nie.

Druk die deeg in ’n plat skyf – sowat 2 cm dik – en sny 5 cm-sirkels daaruit. Rangskik die skons op ’n gesmeerde bakplaatji­e. (Ek gebruik altyd ook bakpapier).

Druk enige ekstra deeg weer bymekaar en sny nog skons uit tot al die deeg opgebruik is. Verf die skons met ’n bietjie melk en bak 15-20 minute of tot goudbruin en gaar.

Verhit intussen 1 koppie vrugte saam met die heuning en >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa