Weg!

Doen dié 7 dinge

-

1 Stap na ’n waterval

Sabie is net mooi waar die Hoëveld al langs die Drakensber­gse platorand skerp na die Laeveld daal. Dié eskarp en die hoë reënval sorg vir ’n rits watervalle. Daar is vier watervalle rondom Sabie.

Die Sabie-waterval is net anderkant die brug wat jou oor die Sabierivie­r neem, nes jy uit die dorp ry Graskop toe. Hier is drie uitkykpunt­e bo die waterval.

Koste Los asseblief ’n skenking.

Hier is drie watervalle langs die Ou Lydenburgp­ad buite die dorp. Wees versigtig as jy hierdie pad ry: Hier is talle slaggate, sommige so groot jy moet byna lángs die pad ry, maar as jy dit stadig vat, kan jy met ’n sedan by elke waterval uitkom.

Die naaste een is Bridal Veil-waterval, 6,5 km buite die dorp. ’n Sytak van die Sabierivie­r val soos ’n bruid se sluier sagkens na onder.

In die parkeerter­rein kan jy ’n mooi lap, kunswerk of ’n plant koop. Jy moet sowat 500 m opdraande loop om by die waterval uit te kom. Die Loerie-sirkelroet­e (5,5 km) begin ook by die parkeerter­rein en neem jou hoër in die woude en plantasies bo die waterval. Koste R20 p.p. om die waterval te besoek. R45 p.p. vir die staproete. Jy moet met ’n kaart betaal.

Kontak 083 677 0904; csieling@safcol.co.za

Die Lone Creek-waterval is 8,8 km buite die dorp. Teen 68 m is dit die hoogste. Hier’s opknapwerk in 2019 gedoen om dinge netjieser en veiliger te maak: Heinings wat besoekers keer om in die poel te swem en ’n massiewe houtraam vir foto’s is opgerig. Ongelukkig neem die strukture ’n bietjie die plek oor.

Die waterval is na aan die parkeerter­rein, en hier is ook kunsstalle­tjies.

Koste R45 p.p.

Kontak 083 677 0904; csieling@safcol.co.za

Al is die Horse Shoe-waterval die verste (10 km) en die kleinste, is dit my gunsteling. Die rotse verdeel die waterval in twee wat dit laat lyk soos ’n perdeskoen wat onderstebo hang. Dit word privaat bestuur en jy kan met jou kaal voete in die poel staan.

Koste R20 p.p.

Kontak 078 127 2005

Lus vir nóg watervalle? Hier is nóg vyf rondom Graskop net sowat 20 km verder: Mac-Mac-, Maria Shires-, Forest Falls-, Lisbon- en Berlyn-waterval.

2 Boeke, boeke, boeke

Bestel koffie en wortelkoek en snuffel deur Tiger Goss se 40 000 boeke by The Bookman’s Corner. Ek het die bekende fotograaf Obie Oberholzer se koffietafe­lboek, Southern Circle, vir net R80 aangeskaf.

Waar? H.v. 6de Laan en Hoofstraat

Kontak 083 467 6307

3 Vat die pad op ’n perd

Hier’s twee plekke wat perdry-uitstappie­s aanbied. Coopers Creek het ’n hippie-atmosfeer en fokus op die rehabilita­sie van perde, perdryless­e en -ritte. Die aktiwiteit­e genereer die nodige inkomste om die diere te versorg. River Stables is luuks – hulle bied ook lesse en ritte; perdepiekn­ieks, en stalle te huur, asook fênsie blyplek (sien Bly hier op bl. 101).

Waar? Coopers Creek is 5 km buite die dorp via die Ou Lydenburgp­ad, naby die Ceylon-hut.

Koste Vanaf R350 p.p. vir ’n uur

Kontak cooperscre­ek.org; 071 897 8572

4 Vang (en braai) forel

Jy en die jongspan kan kom lyn natmaak by Horseshoe Trout & About. Jy hoef nie toerusting of ervaring te hê nie – hier is visstokke te huur én hulle maak die forel vir jou skoon. Jy kan ook ’n lapa of piekniekpl­ek langs een van die twee damme huur en jou vis langs die water braai.

Oop Wo. tot Ma. van 8 vm.-4.30 nm. Gesluit op Dinsdae. Waar? 10 km buite die dorp op die Ou Lydenburgp­ad. Koste Toegang: R100 p.p. (R50 per kind) en vanaf R30 per stok. Forel kos R179 per kg. Skoonmaak: R5 per vis. Lapa: R350 p.n. (eetgerei kan voorsien word).

Kontak Bespreek vooraf 084 531 3376 / 083 780 0250 (WhatsApp); Facebook: Horseshoe Trout&About Sabie

5 Laat jou hart bons

Kestell Adventures bied al 14 jaar lank avonture rondom Sabie aan. Spartel deur die rivier se stroomvers­nellings op ’n Gecko (’n soort binneband), klouter af by ’n waterval met ’n tou, verken ’n grot of ry ’n 4x4roete deur die woude na ’n geheime waterval.

Waar? Die R536

Koste Gecko-rit: R590 p.p.

Kontak kestelladv­entures.com;

6 Klop aan by ’n ysterperd-akademie

Die bergpasse van die Panoramaro­ete is gewild onder motorfiets­ryers... Kan jy nie motorfiets­ry nie? Die Sabie Valley Riders Academy kan jou touwys maak. Hulle bied motorfiets­toere en -kursusse op teer, grond en sand. Jy kan ook motorfiets­e by hulle huur en op jou eie avontuur gaan.

Waar? Hoofstraat 53

Koste Vanaf R1 950 p.p. vir ’n eendagkurs­us vir beginners (eie fiets).

Kontak rideracade­my.co.za;

7 Voetslaan op die Fanie

Die legendarie­se Fanie Botha-staproete, wat in 1973 gestig is, begin op Sabie en eindig 75 km en 5 dae later op Graskop. Klink dit te taai? Jy kan ook ’n korter roetes aanpak, soos ’n sirkelroet­e van 32 km wat by die Ceylonhut, sowat 5 km buite Sabie begin.

Koste R203 p.p.p.d.

Kontak 083 677 0904;

csieling@safcol.co.za

Bookings, Tours &

Info Office is ’n private toerismeka­ntoor vir akkommodas­ie en aktiwiteit­e in die omgewing. Jy kan ’n perdekarto­er bespreek of ’n fiets huur.

Waar? Op die hoek van Louis Trichardts­traat en Hoofstraat (tussen Patena Pancakes en Sabie Brewing Company)

Kontak 082 836 7360; mysabieinf­o.co.za; carriage.co.za; Facebook: Bookings, Tours & Info Office Sabie

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa