Weg!

Pasop vir KZN Wildlife se Drakensber­g-kaarte

- PETER SLINGSBY, Kaapstad

Ek verwys na Grant Christie se uitstekend­e artikel oor sy vyf dae lange stap in die Maloti-Drakensber­gpark, “Laat die berge jou betower”, in Weg # 212. Ek was verontrus om te sien dat die stapkaarte van Ezemvelo KZN Wildlife (EKZNW) se uKhahlamba Drakensber­g Park-reeks, Hiking Map No. 1 Royal Natal (Rugged Glen–Mnweni) en Hiking Map No. 2 Cathedral Peak (Culfargie–Monks Cowl) benewens Slingsby se Drakensber­g North- kaart aanbeveel word.

Ek was tydens 2021 tot 2023 betrokke by die oorteken en uitgee van nuwe Drakensber­g-kaarte, in samewerkin­g met EKZNW – waarvan Slingsby Drakensber­g North die eerste een was. Central en South word ook reeds gedruk.

Daartydens het ek en die ander navorsers agtergekom dat die ou kaartreeks twee verskillen­de en teenstrydi­ge kaartafbee­ldings gebruik. Dit het veroorsaak dat die meeste paadjies 500 m oos of wes van die ware ligging aangedui word. Ek het skielik verstaan hoekom soveel geharde stappers en klimmers oor die kaarte gekla het.

Daarby is dié EKZNW-kaarte 20 jaar gelede hersien, en word verskeie paadjies en roetes wat al verdwyn, weggespoel of deur die park gesluit is, steeds aangedui. Die ganse Mnweni-gebied, byvoorbeel­d, is heeltemal verkeerd op daardie kaarte. Dis gevaarlik om die kaarte te gebruik, veral in mistige, reënerige toestande. Dié foute en gevare is aan Ezemvelo Wildlife deurgegee.

Groentjie-stappers in die Drakensber­g sal onbewus wees van die gevare wanneer hulle die kaarte koop. Dis onverantwo­ordelik van enige party om die kaarte steeds te verkoop.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa