Weg!

GERT JANZEN VAN VUUREN

-

Canon EOS R5

Canon RF 100-500 mm-lens

GERT SKRYF: Hierdie foto is by die Cubitje Quap-watergat net noord van Nossob in die Kgalagadio­orgrenspar­k geneem. ’n Wyfie het met haar drie opgeskote welpies kom suip – hierdie is die drie jonges, die ma was net buite die raam na regs.

Ons het hulle die vorige dag by dieselfde watergat gesien en ek het toe al opgelet dat daar interaksie tussen die jonges is. Dís wat ek in my foto wou wys.

My verstellin­gs was: sluiterspo­ed 1/1 000ste van ’n sekonde, lensopenin­g f5.6 en ISO 3 200.

TOAST SÊ: Sou ek ooit eendag ’n kind van my eie hê, sal sy of haar tweede en derde naam Cubitje Quap wees. Marietjie Cubitje Quap Coetzer. So iets. Cubitje Quap is nie net lekker om te sê nie, dis ook lekker om daar te wees.

Om by Nossob te wees is al klaar lekker, en met elke kilometer wat jy van daar af verder noord ry, raak dit per kilometer net lekkerder.

Cubitje Quap se watergat is rég teen die pad. Jy het nie eens ’n groot zoemlens nodig om hier nabyfoto’s van diere te neem nie. ’n Groot geleenthei­d is soggens wanneer honderde (duisende) kelkiewyne en sandpatrys­e kom water drink, ook duiwe. Dit raas dan soos in ’n rugbystadi­on soos voëltjies na hulle vriende roep, op die skeidsregt­er vloek en vlerkeklap soos handeklap word – dis omtrent ’n gejuig.

Ander tye van die dag kom ander diere, en met geluk sien jy ook jagluiperd­s, soos Gert. Dis ’n konglomera­sie van kolle!

Ek hou van hoe die twee jagluiperd­s aan die kante hulle wange amper teen mekaar het, en dat ons hulle oë goed kan sien. Die derde een voltooi die driehoek met sy boude in die lug. Dis asof die derde een nie geweet het die ander twee wou ’n selfie neem nie...

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa