Weg!

FRANCOIS SMIT

-

Nikon D850

Tamron SP 90 mm-makrolens

FRANCOIS SKRYF: Ek het hierdie foto van ’n skerpioen by die Letaba-ruskamp in die Krugerwild­tuin geneem. Die wandelpad teen die rivieroewe­r wemel saans van die skerpioene wat jag maak op goggatjies.

My twee vriende Weitz Botes en Dique Smit het die ultraviole­tlig vasgehou sodat ek kan foto’s neem. Hierdie skerpioen was skaars 35mm lank en het teen ’n boomstam langs die paadjie gesit.

My verstellin­gs was: sluiterspo­ed 1/160ste van ’n sekonde, lensopenin­g f4.5 en ISO 3 200.

TOAST SÊ: Dís mos nou iets besonders! Jy gaan nie al jou wildtuinfo­to’s met behulp van ’n UV-lig wil neem nie, want dan gaan dit lyk asof jy die vakansie in ’n wilde diskoteek rondgehang het. Maar elke nou en dan is ’n “blou” foto spesiaal, soos dié een van Francois.

Die foto is greinerig, maar dis te verwagte omdat die ISO van 3 200 hoog was. Dié is egter nodig, want daar is nie veel lig om mee te werk nie, en Francois wou sy sluiterspo­ed nog net-net vinnig genoeg hou dat hy nie ’n driepoot hoef te gebruik nie.

Die vlak velddiepte werk hier – jy moet altyd probeer om ten minste ’n dier se oë in fokus te kry, tensy jy ’n ander liggaamsde­el om een of ander rede wil beklemtoon (in hierdie geval sou die knypers dalk ook gewerk het as fokuspunt). Die uitfokus lyf en stert is egter net so duidelik soos die knypers hier voor – daar is geen twyfel dat jy hier met ’n skerpioen te make het nie.

Lekker foto, Francois, en ek hoop jy het darem ná die tyd vir Weitz en Dique met ’n koppie Milo of iets beloon.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa