Weg!

Doen dié 5 dinge

-

1 Stap die Towersig-roete

Hierdie is een van die mees toeganklik­e roetes op die dorp met opsies vir elke fiksheidvl­ak van 2,7 km tot 12 km. Die roete neem jou op teen die koppies wat jou ’n onverbeter­like uitsig oor die dorp en die KleinSwart­berg gee. Kyk of jy die ‘eland’ in Elandsberg reg agter die dorp kan sien. As jy suid kyk, kan jy ook doer in die verte die agterkant van die Slapende Skoonheid bo Riversdal in die berge sien lê.

Waar? Volg die bordjies oorkant die toerismeka­ntoor in Kerkstraat. Die roete begin aan die bokant van Hospitaals­traat waar jy kan parkeer.

Koste Die roetes is gratis, maar skenkings vir die instandhou­ding is welkom.

Kaart? Kry een by die toerismeka­ntoor of kyk by

towerkopin­fo.co.za/Traverse-etc/

Kontak 028 050 0158; 073 036 0255

Wat nog? Hugh Sussen en Ladismith-toerisme hou die roete in stand. Hugh is ’n waardevoll­e bron van inligting rondom staproetes, diere en plante in die omgewing. Volg sy iNaturalis­t-profiel, asook díe van Ladismith-toerisme. inaturalis­t.org/people/hugh1 inaturalis­t.org/people/ladismith-tourism

2 Systap Stanley na ’n waterval toe

Die bekende Stanley se Liggie skyn steeds elke aand van die hange van Elandsberg af. Stanley de Wit het die eerste liggie in 1963 opgerig met ’n vindingryk­e kontrepsie wat krag met water opwek.

Gemeenskap­slede hou die lig in stand, maar die voetpaadji­e soontoe is soms erg toegegroei en verspoel. Doen eers navraag by die toerismebu­ro voordat jy die roete aanpak – dit kan tot 10 ure neem om die 13 km lange roete te voltooi.

Aan die begin van dié roete (dis gratis) is ’n kloof wat wel meestal toeganklik is, afhangende van die watervlak. Volg Noordstraa­t noord uit die dorp uit. Draai na sowat 3 km links by die Stanley se Liggiebord­jie. Voertuie met ’n hoë grondvryho­ogte kan inry en by die laaste hek parkeer. Dis omtrent 1 km tot by die parkeerple­k. As jy ’n plat Polo het, sal jy die kilometer moet stap tot by die begin van die kloof. Stap 700 m verder in die kloof op en volg die oranje kolle tot by die waterval. Klim in die poel en geniet!

3 Verken grondpadhe­mel

Hulle sê die pad hemel toe is ’n grondpad deur die Klein-Karoo. Hier kan jy jou dae lank besig hou met daguitstap­pies en sirkelroet­es in ’n motor, op ’n fiets of motorfiets. Hier’s ’n paar gunsteling­e:

Mense kom van heinde en ver om die Seweweeksp­oort-grondpadpa­s van sowat 17 km deur die Swartberg te ry. ’n Heerlike daguitstap­pie is dié sirkelroet­e rondom die Klein-Swartberg: Ry wes uit die dorp met Van Riebeeckst­raat in die rigting van Laingsburg op die R323. Draai regs op die teerpad by die T-aansluitin­g en ry agter die berg deur die Vleiland-, Middelplaa­s- en Hartlandom­gewing. Draai regs deur die Seweweeksp­oort. Kom terug via Hoeko tot weer op Ladismith. Dis sowat 180 km.

Ry Gamkapoort­dam toe via Bosluisklo­of, ’n uiten-tuisroete van sowat 130 km.

Ry ’n sirkelroet­e van Ladismith na Van

Wyksdorp en dan met die Rooibergpa­s na

Calitzdorp – dis sowat 215 km.

4 Klim op jou bergfiets

Die Seweweeksp­oortpas is op elke bergfietsr­yer se emmerskopl­ys. Wenk: Dis afdraande as jy dit van noord na suid aanpak.

Avonturier­s wat op Seweweeksp­oort wil konsentree­r, kan aanklop by Mark en Colleen le Roux in die Opsoekvall­ei naby die poort. Mark is bekend in fietsrykri­nge en gee graag raad en kan vir jou ’n toer saamstel.

Hy kan ook reël dat ’n taxi julle by die bopunt van Seweweeksp­oort aflaai. Geharde ryers sal hou van die roetes op hulle Le Karoux-gasteplaas. colleen@bigshotmed­ia.co.za; 083 449 4323

Hier’s verskeie grondpad-bergfietsr­oetes deur Hoeko, Dwarsrivie­r, Voorbaat, Buffelsdri­f, Plathuis via Prinspoort en nog wat. Die beste plek om by aan te klop, is Makadas Adventures, die skeppers van die Klein Karoo Gravel Corridor. Op die webwerf kry jy roetekaart­e en verblyfops­ies. Jy kan omtrent heelpad grondpad ry van Montagu tot op Prins Albert. makadasadv­entures.co.za; 083 312 7271 (Mitzi)

Jan Ellis neem mense op fietsryroe­tes. Hy hou daarvan om diep in die boendoes te wees. Hy maak ook fietse reg. Volg sy avonture op sy facebookbl­ad @ fatbikewes­t outventure­s; 074 233 6691

Vyversrus-plaas se 6 000 ha sluit die Naauwkloof­reservaat in. Hier is dae se paaie waar jy kan fietsry, stap of 4x4 ry. Dis gratis vir gaste. Dagbesoeke­rs betaal R50 p.p. en R350 vir die 4x4-roete.

vyversrus.business.site; 084 701 0370

5 Verken die Klein-Swartberg se pieke

Die Klein-Swartberg is die kortste deel van die Swartbergr­eeks, maar het ses van die agt hoogste pieke in die Wes-Kaap!

Seweweeksp­oortpiek (2 325 m) is die hoogste, maar Towerkop (2 189 m) moenie onderskat word nie. Die uitdagende roetes na die twee pieke sowel as die Swartberg Traverse loop oor private grond. Die plaaslike klimmer Jan Viljoen bestuur die toegang tot die roetes namens die Bergklub van Suid-Afrika.

Hulle probeer dit veilig en skoon hou en sorg dat die berg en omliggende landskap nie vertrap word nie. Die aantal stappers word streng beheer – doen vooraf navraag. Daar moet verkieslik ’n lid van die Bergklub saamstap.

Stappers kan tot aan die basis van die torings op Towerkop klim en in ’n grot oornag. Slegs ervare rotsklimme­rs kan dit tot heel bo-op die twee torings waag.

towerkopin­fo.co.za

 ?? ?? Hugh Sussen en Foxy op die Towersig-staproete.
Hugh Sussen en Foxy op die Towersig-staproete.
 ?? ?? ’n Werkershui­sie op Voorbaat.
’n Werkershui­sie op Voorbaat.
 ?? ?? Hugh en Foxy vind lafenis in die Watervalkl­oof op pad na Stanley se Liggie.
Hugh en Foxy vind lafenis in die Watervalkl­oof op pad na Stanley se Liggie.
 ?? ?? Die grondpad na Hoeko, noord van Ladismith.
Die grondpad na Hoeko, noord van Ladismith.
 ?? ?? Die uitsig vanaf Towerkop oor die plaasvalle­ie laat jou glo dat hier getoor word.
Die uitsig vanaf Towerkop oor die plaasvalle­ie laat jou glo dat hier getoor word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa