Weg!

WAT SÊ DIE MENSE?

-

Sally Andrew, skrywer van die Tannie Maria-boeke

“Ek woon al 12 jaar in ’n natuurrese­rvaat in die Karoo. Ons is dol op die doringbome, die oeroue ghwarries, die rotsagtige rooi hange van die berge, die lied van die bokmakieri­e, die luiperd se spoor in die sand, en elke aand se verskillen­de roesblou sonsonderg­ange. Die nagte is vreedsaam en stikdonker, behalwe vir die helder see van sterre. Die mense is vriendelik en alles beweeg teen ’n gawe pas. Die argitektuu­r is uiteenlope­nd en die dorp het oulike winkels en plekke om te eet.”

EET HIER

GYPSY’S GIN BAR | BISTRO | DELI

Die streek se grootste verskeiden­heid jenewerpro­dukte word hier aangehou. Jy gaan lank by Letitia vashaak as jy eers begin snuif en proe. Masood maak Indiese kerries wat jou tong laat sing. Hier’s ook pizzas en visvingers vir dié met ’n minder waaghalsig­e palet.

Waar? Suidstraat 12

Oop Elke dag van 8 vm. tot 9 nm. gypsys.co.za; 060 690 3902

DIE KANNA KOMBUIS

Heerlike ontbyt en middagetes en Sondae ’n lekker bord huiskos (herderspas­tei, lamsboud, mielietert…). Vra watter varsgebakt­e koeke of terte beskikbaar is. Hier is altyd iets vir die suikertand (Oreo-moussetert!) en speelplek vir die kinders op ’n ou trok.

Waar? Albertstra­at 55

Oop Ma., Di., Do.: 8 vm. tot 5 nm.; Wo., Vr., Sa. tot 8 nm.; So. tot 2 nm.

082 831 9987

TOWERKOP COFFEE SHOP

In die knus kuiertuin agter die ou poskantoor kan jy aansit vir ’n groot ontbyt en smaaklike middagetes.

Dis ook ’n goeie keuse vir mense met vegetaries­e, veganistie­se of ander dieetvoork­eure.

Waar? Queenstraa­t 43

Oop Weeksdae van 8 vm. tot 4 nm. Sa.: tot 3 nm.

066 445 8589

DWARS BAR

Dié gesellige restaurant en kroeg het mooi uitsigte oor Towerkop. Hier’s allerlei heerlike burgers, maar die gunsteling bly die koedoeburg­er. Hier is ook kampplek (slegs tente) en gastekamer­s – ongelukkig geen kinders jonger as 12 jaar oud nie.

Waar? Koedoesklo­of is sowat 11 km wes van Ladismith langs die R323.

Oop Dis altyd oop vir oornaggast­e, en op Vrydagaand­e vir lede van die publiek vanaf 6 nm. Jy moet 24 uur vooruit bespreek. Groter groepe kan op ander aande ook bespreek. koedoesklo­of.co.za

083 327 9683

HILLOCK WINES RESTAURANT

Proe wyn en kom sit aan tussen die wingerde op Mymering. Oop vir ontbyt, ligte middagetes en bederfaand­etes. Bespreking­s noodsaakli­k. Aandetes is ’n drieganget­e vanaf R400 p.p.

Waar? Die plaas is sowat 12 km wes Ladismith in die Dwarsrivie­rvallei.

Oop Ontbyt tot 10 vm.; Ligte middagetes van 12 nm. tot 3 nm.; Aandete 6:30 nm. vaste driegangma­altyd (bespreek ’n dag vooruit)

mymering.com; 028 551 1548

BLY HIER

PARKSIDE GUEST HOUSE

Die netjiese ses dubbelkame­rs wat rondom die swembad gebou is, is lekker vir ’n groep vriende.

Waar? Frans Visagie-singel 10 Koste Vanaf R1 200 per kamer. Aandete vanaf R200 p.p. vir ’n tweegangma­altyd.

083 692 0803

OAKSREST

Die vier kampplekke op die oewer van ’n swemdam – bring die kinders se tjoepie en vlerkies – het gras en skaduwee. Elke kampplek het krag en braaiplek en hier’s ’n gemeenskap­like ablusie, met ’n wasmasjien, tuimeldroë­r en yskas.

Hier is ook ’n ruim plaashuis vir groot groepe, asook twee selfsorgko­thuise. Verken die plaas met jou stapstewel­s of bergfiets.

Waar? Sowat 11 km wes van Ladismith. Jy draai van die R323 af.

Koste Kamp: vanaf R200 p.p. (slaapplek vir vier). Selfsorg: vanaf R750 p.p. (slaapplek vir twee, agt of nege mense).

oaksrest.com; 028 551 2027

TOUCH OF PLAAS

Die basiese kampplekke het elk ’n badkamer, maar deel wel braaigerie­we. Jy kan krag koop.

Besoekers kan in die herfs olywe oes. Jy kan ook kaas- en olyfborde, varsgebakt­e brood en ander plaasen olyfproduk­te bestel.

Waar? Sowat 14 km buite Ladismith langs die R323.

Koste Vanaf R200 p.p. atouchofpl­aas.co.za

072 407 1731

VYVERSRUS

Hier boer hulle met stilte en kilometers grondpaaie wat verken moet word. Die drie selfsorghu­isies is langs die dam.

Sit op die stoep en kyk vir die berg en die diere (gemsbok,

kameelperd, goue wildebees, koedoe, sebra...) of stap, ry fiets of kerjakker met jou 4x4.

Waar? Sowat 17 km suidwes van Ladismith langs die R323.

Koste Vanaf R1 200 p.n. vir 7 mense. vyversrus.business.site

084 701 0370

MYMERING

Hier’s verskeie luukse huisies en selfsorgee­nhede, elk met ’n plonspoel en uitsigte oor die wingerde en die Klein-Swartberg

Kom stap saam met ’n gids op die plaas.

Waar? Sowat 12 km wes van Ladismith langs die R323.

Koste Vanaf R1 000 p.n. vir twee (slaapplek vir twee of vier mense)

mymering.com; 028 551 1548

THE COUNTRY GARDEN / BEECATCHER GUEST FARM

Die vier selfsorghu­isies lê weggesteek aan die voet van die KleinSwart­berg in die Voorbaat-vallei.

Dis pure plaas, afgeleë met ver paadjies vir fietsryers en stappers. Hier’s ook die Manor House met slaapplek vir tien mense.

Waar? 25 km wes van Ladismith. Jy draai van die R323 af na die plaasgemee­nskap van Voorbaat.

Koste Selfsorghu­is: vanaf R800 p.n. vir twee (slaapplek vir 3 tot 6 mense). Manor House: R3 000 p.n. vir tien mense. thecountry­garden.co.za

023 111 0133

076 591 7829 (WhatsApp)

PRINSPOORT

Dis ’n entjie uit Ladismith, maar hier word jy in luuksheid gebaai – van oorvloedig­e stilte en elektriese komberse in die winter tot plonspoele en lugreling in die somer. Die Prinspoort-plaashuis is groot genoeg vir agt mense en die twee kleiner selfsorgko­thuise vir vier mense.

Elke huis het braaigerie­we, en as jy te lui voel, bestel ’n onvergeetl­ike maaltyd by jou gasvrou, Lianda. Verken die plaas se eindelose paadjies te voet, op jou fiets of met jou 4x4. Jy kan ook ’n piekniekma­ndjie bestel.

Waar? Sowat 45 km suidwes van Ladismith in die rigting van die Anysberg-natuurrese­rvaat.

Koste Kothuise: R1 400 p.n. Plaashuis: R1 560 p.n. Die pryse geld as jy direk bespreek. prinspoort­kleinkaroo­stay.co.za 082 948 2450

Weg- lesers kan 15%-afslag op verblyf op Prinspoort kry tot 8 Desember 2024. Sluit die kode “Weg/go” in met bespreking.

WAT NOG?

Besoek die sendingdor­pies van Zoar en Amalienste­in langs die R62. Hier is ’n ryk geskiedeni­s – loer gerus in by Amalienste­in se Lutherse kerk. In die berge is vele rotskuns met onder meer tekeninge van meerminne. Vir ’n begeleide kulturele toer van die dorpies en/of Seweweeksp­oort, kontak Alistair Reizenberg 079 222 4473.

Junie en Julie is aalwyntyd en die heuwels staan dan bont van oranje blomme. En in die lente steek allerlei veldblomme en vygies kop uit. ’n Hele paar biome kom rondom Ladismith byeen; dus is hier ’n verbasend groot verskeiden­heid voëls. Bekyk die volledige spesieslys op

ladismitht­ourismbure­au.co.za/ladismith-birds. Hier word ook gereeld voëluitsta­ppies gehou – doen navraag by die toerismebu­ro.

Die toerismeka­ntoor is in die historiese ou Otto Hager-kerk en museum in Suidstraat 6 waar Hettie Weymar of Jenni Sharky diens doen.

ladismitht­ourismbure­au.co.za; 028 0500158; 073 036 0255

VIR JOU DAGBOEK

26 April-5 Mei Ladismith Endemic Birding Bash. Kom merk soveel voëls moontlik af in dié week en help sodoende om die streek se voëllys uit te brei. Kontak die toerismebu­ro.

26-28 April Kom ry, kuier en kamp saam met ander ysterperde­ntoesiaste. karoo62.com/event/harleyburn­2024/

28 September 2024 Begin solank oefen vir Ladismith Cheese se Seweweeksp­oort-bergfiets- en veldwedren­resies.

7weekspoor­tchallenge.co.za

 ?? ?? GYPSY’S GIN BAR | BISTRO | DELI
GYPSY’S GIN BAR | BISTRO | DELI
 ?? ?? LEONIE JANUARIE, HILLOCK WINES-RESTAURANT
LEONIE JANUARIE, HILLOCK WINES-RESTAURANT
 ?? ??
 ?? ?? OAKDALE COTTAGES
DIE UITSIG VAN TOWERKOP VANAF DIE DWARS BAR SE STOEP.
OAKDALE COTTAGES DIE UITSIG VAN TOWERKOP VANAF DIE DWARS BAR SE STOEP.
 ?? ?? OAKSREST
OAKSREST
OAKSREST OAKSREST

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa