Weg! Platteland

Tuindagboe­k Die somer is hier: Leer meer oor erfenissaa­d, kweek jou eie slaaiblare of gaan op ’n plaasuitst­appie om vrugte te oes

Die voëls kwetter, die bye zoem en die miere is haastig. ’n Gerammel in die verte beteken ’n donderstor­m is op pad. Iemand gaan haal turksvye uit die yskas en onder ’n boom sit jy en wag dat die dag se hitte wyk. Dis somer! Jane’s Delicious Garden,

- DEUR MAJA PALM

Jane Griffiths,

Ja, min dinge is só lekker. skrywer van die kosboek gee wenke vir kraakvars slaaiblare – net wat jy nodig het vir ons resepte op bl. 98.

Jou gunsteling­blare? Daar’s ’n hele paar: Roket; ’n mengsel van blaarslaai – van krakerige langblaars­laai ( cos lettuce) tot rooi-en-groen eikeslaai ( oak lettuce) met die valletjies­rokke; ‘Bright Lights’-spinasiebe­et ( Swiss chard) met hulle pragtige rooi, groen en oranje stingels; suring; veldslaai ( lamb’s lettuce) vir ’n soet, sagte smaak; rooi en groen mosterdbla­re vir ’n byt; en kappertjie­blare vir ’n pepersmaak. Saailinge of saad? As dit by slaaiblare kom, verkies ek saad. Dis goedkoper én jy kan kies uit ’n groter verskeiden­heid. Maar as ek nie tyd het om te saai nie, is saailinge ook in die haak. Wenke vir gesonde blare? Slaaiblare hou van vrugbare, los grond en baie water. Die meeste somerslaai­blare is gelukkig in volson, behalwe kropslaai, wat smiddae skaduwee verkies. Slakke is vreeslik lief vir slaaiblare. Rol Goldilocks-potskuurde­rs in lang worse en pak dit op die rande van die bedding om slak se kind in sy spoor te stuit. Plant ook kruie soos grasuie, pietersiel­ie, basilie

en sprietuie tussen die blare. Dit sorg vir ’n gebalansee­rde groei-omgewing, lok voordelige insekte en jaag skadelike insekte die skrik op die lyf. Én dis heerlik in ’n somerslaai. Hoe hou jy geplukte slaaiblare vars? Pluk die blare vroeg soggens of laatmiddag (nie in die middel van die dag nie). Sit dit vir ’n paar minute in ’n bak met koue water en draai dit dan in ’n slaaispinb­ak droog. As jy dit nie dadelik gaan gebruik nie, sit dit in ’n Ziploc-sakkie, blaas met ’n strooitjie lug in die sakkie en maak dit dadelik toe. Dit sal vir ’n paar dae vars bly in die yskas.

janesdelic­iousgarden.com

 ??  ??
 ??  ?? Jane se nuutste boek, Jane’s Delicious Herbs, is by boekwinkel­s te kry teen ongeveer R285.
Jane se nuutste boek, Jane’s Delicious Herbs, is by boekwinkel­s te kry teen ongeveer R285.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa