Weg! Platteland

So is die lewe Die platteland­se lewe is glad glad nie so idillies soos wat stadsjapie­s dink nie, skryf Tom Eaton

Menige stadsjapie wil platteland toe vlug agter een of ander idilliese droom aan. Maar stadig oor die klippe, maan Tom Eaton, want dis nie altyd wat jy verwag nie.

-

Vir stadsmense het die woord “platteland” byna magiese betekenis. Sê dit hardop en hulle is skielik in vervoering oor ’n kothuisie iewers, met ’n tuin, dammetjie en rook wat by die skoorsteen uitdwarrel. Iewers doer ver...

Maar waar doer ver? Ja, dié dag droom kom sonder aanwysings, en “die platteland” is eerder ’n leefwyse as ’n spesifieke plek. Dis juis die leefwyse waarvan stedelinge droom.

Vir party stadsjapie­s is die platteland ’n plek waar takhaar-kleinvee sommer by jou kombuis instap op soek na kos. Maar dít kan net sowel ’n beskrywing wees van tieners in énige kombuis – dus is dit dalk nié die beste definisie van die platteland nie. Ander voel weer jy’s in die platteland wanneer die winkels net goed aanhou wat jy nie in die yskas hoef te bêre nie. Soos gegeurde melkies, of plaaslik vervaardig­de knoffelpol­onie met ’n naam soos Laughing Otter (wat

tien teen een ook regte otter bevat).

Die ware toets is die tydskrifra­k by die petrolstas­ie. Ek gee nie om hoeveel geroeste Peugot 404-wrakke jy op pad in dongas sien lê het nie: Indien die tydskrifvo­orblaaie Engels op het, dan is jy nog iewers in die voorstede.

Nee, al wat saak maak, is twéé tydskrifte: Landbouwee­kblad en ’n ou 1986-kopie van Grensvegte­r. Wanneer die tydskrifra­k net dié twee publikasie­s uitstal, dan moet jy weet – jy’s nou in die hart van die platteland.

Dis min of meer op dié punt waar die meeste stedelinge – veral as hulle Engels is – wil terugvlug stad toe. Dis normaal om so te voel, gesond selfs, want dis eintlik aaklig om in die platteland te bly. Die mens weet dit al millennia. Duisende jaar gelede het ons almal op die platteland gebly, bloot omdat daar nie stede was nie. Maar toe maak ons stede en trek terstond soontoe.

Die meeste mense wat vandag in die platteland woon, wil nie daar bly nie. Hulle droom van neonligte, malls, verkeerskn­ope, elektriese heinings, supermarkt­e – al die wonders van Sodom en Gomorra.

Maar vir ’n stadsjapie met genoeg tyd en geld op hande is die einste dinge wat platteland­ers so teister, loutere plesier. Die platteland­er sien eensaamhei­d, leë winkelrakk­e en goed wat nie werk nie. Die stadsjapie sien al die oop ruimte; ’n ontvlugtin­g van die materiële; en ’n stadiger, natuurlike­r lewensritm­e. Daarom bly party dapper stedelinge agter. Kort voor lank kruip die platteland in hulle are in nes wilgerwort­els stadig maar seker deur die moddersker­m van ’n vergete Studebaker-wrak in ’n sloot stoot.

Stadsjapie­s kan egter nooit volkome platteland­ers word nie. Die platteland verwelkom die stad se verstoteli­ng, maar aangenome kinders sal hulle bly, en niks meer nie.

Op die platteland is dit belangrik om bloed te wees – familie. Jy moes al in die dorre grond gebloei het om werklik hier te hoort. Al is dit dan nou net daai keer toe jy een aand – lelik gesuie – jou hak op ’n glasskerf van ’n 7-Up-bottel gesny het.

Lyding is belangrik in die platteland. Lyding verleen geloofwaar­digheid aan jou familiesta­mboek. Iewers moes ’n oumagrootj­ie voor ’n Britse vuur-

‘Lyding is belangrik in die platteland... Iewers moes ’n oumagrootj­ie voor ’n Britse vuurpeloto­n gesneuwel het, of ’n oupa onder die genadelose pote van ’n volstruis, óf jy moes ten minste darem ’n vinger afgestaan het aan die erge ryp van ’96.’

peloton gesneuwel het, of ’n oupa onder die genadelose pote van ’n volstruis, óf jy moes ten minste darem ’n vinger afgestaan het aan die erge ryp van ’96. Die eerste kat knyp in die dubbelkaju­it agter die stadsaal ná ’n epiese aand van langarmsok­kie – ja, dít verleen ook diepte aan jou platteland­se stamboek.

Een van die platteland se gewilde mites – soos ons stadsouens dit glo – is dat die mense sout van die aarde is. Ek het nog nooit daai uitdrukkin­g verstaan nie. As jy te veel sout in die grond gooi, gaan jou oes mos misluk, of hoe?

Tog is daar souterige mense op die platteland, en ’n paar peperkorre­ls ook. Daar’s die ryk en die arm, die gaaf en die grou. Krap ’n bietjie die heilsame vernis met jou vingernael af en jy sal die mensdom se ryke verskeiden­heid in die platteland se dorpies ontdek. Moederhenn­e woon langs kleindorps­e kroeks, amateur-politici preek aan dowe ore in die kroeg, binnekamer­digters kyk op na die stom sterre.

Die ouer garde, verlore in die nostalgie van ’n verdwene era, skud die kop wanneer die jonges die plaas verlaat vir die dorp, en dan die dorp vir die stad.

Nie almal in klein dorpies en plaasdistr­ikte is egter so interessan­t en eksentriek nie. Hier’s net soveel vervelige mense as op enige ander plek. Soos die winkelier wat jou oor as ’t ware afkou met die storie van sy beste vriend se egskeiding, totdat jy uiteindeli­k ’n nagemaakte Chinese Switserse mes by hom koop en in jou bobeen steek net om ’n rede te kry om te verkas.

Of die harmansdru­p-boer wat jou vir twee uur besig hou met die verskille tussen die 1974 Mercedes S-klas en die 1975 Mercedes S-klas...

Daar’s nie baie geld op die platteland nie, maar gesels bly gelukkig altyd gratis. Dis dalk hoekom die mense so baie klets, en veral hoekom hulle so baie skinder. Hier waar lewens so ineengestr­engel is soos die twee taai vingers van koeksister­s, is gesels die stroop wat alles saamsnoer.

Op die platteland versprei ’n skindersto­rie soos ’n wegholveld­brand. Byvoorbeel­d: Dis Saterdagog­gend-kerkmark op die dorpsplein. Die dominee se vrou laat val haar pakkie snesies. Die distrik se groot hoenderboe­r buk om dit op te tel, en gee dit met ’n glimlag terug. Mevrou Dominee glimlag terug. Hulle hande raak liggies aan mekaar.

En dan, voor die versiersui­ker op Weduwee Fourie se wortelkoek begin hard word, begin die geskinder. Voor jy kan sê ek-het-nog-altyd-gedink-daaihoende­rboer-het-dwalende-oë, weet almal dat arme Dominee nou in die kerkkantoo­r skuil om van sy wankelrige huwelik te ontvlug en dat hy sy gemeente moedig in die oë probeer kyk terwyl sy vrou en die haan van ’n hoenderman in helder daglig by mekaar vlerksleep...

Gelukkig hang kwade gevoelens ook nie vreeslik lank op die platteland rond nie. Platteland­ers verstaan die tydelikhei­d van dinge – soos dakke, leivore, skokbreker­s, én vals gerugte en skindersto­ries.

Die lewe gaan aan op die platteland, voorwaarts deur die volgende knellende droogte, die ryke oes wat daarop sal volg, die volgende skinderska­ndaal – alles is so voorspelba­ar as die sooibrand wat jy gaan kry as jy daai vierde skaaptjop vir ontbyt wegpak.

So was dit nog altyd op die platteland, en so sal dit bly.

Wel, ten minste tot daar nie meer Laughing Otter-polonie beskikbaar is by die Hyper-save-o-rama in Kerkstraat nie.

Dáárna kan enigiets gebeur.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa