Weg! Platteland

180 º Errieda du Toit het ’n spesiale band met Prins Albert – en smag almaardeur na die dorp se vye

Sy is bekend as kosskrywer, RSG se Huiskok, én een van die baasbreine agter kyknet se gewilde kosprogram Kokkedoor en dié se nuwe sussie, Koekedoor. Errieda du Toit woon in Kaapstad, maar haar hart is in Prins Albert. ERRIEDA DU TOIT | PRINS ALBERT

-

Ná twee sabbatsrei­se in die Karoo vir die skiet van Kokkedoor het Prins Albert my spirituele tuiste geword, ’n plek waarmee ek ’n naelstring­band voel, selfs al is ek nie ’n boorling nie.

Vir my as kosmens is Prins Albert nirvana, ’n plek wat al die sintuie prikkel en die nostalgie laat ontwaak. Daar’s die lewerkoeki­es: Warm in ’n wit kardoessak­kie uit die kafee net langs Pep Stores in die hoofstraat. Al het die nuwe eienaars die kafee herdoop van Wimpels tot Sommerso, bly die lewerkoeki­eresep onverander­d.

Ek vereenselw­ig dié wêreld met tuisgemaak, met tradisies, met herinnerin­ge van ’n manier van doen, met Ouma se kos. Jy leef met die seisoene – hier kla ek nie oor die somerhitte nie, want dit dwing jou tot stadiger lewe en drentelloo­p.

Prins Albert het koel leiwatervo­re, dorpsplasi­es met groenteakk­ers, vrugte en olyfboorde. Die dorp word omsoom deur wingerde, uielande en weiende koeie.

En vyebome. Nêrens smaak vye so sinneverdo­wend nie. As ek daar wegry, is die bagasiebak volgelaai met proviand vir my stadsbesta­an, Soet Karoodesse­rtwyn van Herman en Susan Perold, en groot wiele kaas uit Gay’s Dairy se koelkamer.

En as ek by die huis aan ’n vy hap, wil ek huil van verlange na Prins Albert.

 ??  ?? Errieda sê die name van haar honde,tjoklit en Poerring, verklap haar soettand. Koekedoor word in April 2015 uitgesaai.
Errieda sê die name van haar honde,tjoklit en Poerring, verklap haar soettand. Koekedoor word in April 2015 uitgesaai.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa