Weg! Platteland

As die kraaie gaap Probeer dié groen maniere om jou huis koel te hou voor jy lugreëling installeer

Die sonbesies skrou, die tuin en die honde op die stoep lyk ewe verlep, en jy lê snags wakker met ’n nat lappie op die voorkop. Gelukkig is daar meer maniere as net lugreëling om jou blyplek koeler – of darem leefbaar – te hou.

- TEKS MARIAN VAN WYK MONIQUE MOUISSIE

Op die Suid-afrikaanse platteland tjop ons behoorlik af in die somer, met die kwik wat op plekke soos die Kalahari by 50 ºc gaan draai. Sulke temperatur­e versteur jou nagrus en kan jou kop lelik laat uithaak – ek onthou die keer toe ek klere en al in Oudtshoorn se dorpsfonte­in geklouter het. Nee, dit was nie die gees van die kunstefees wat my inhibisies die wyk laat neem het nie, maar die temperatuu­r wat tot 46 ºc geklim het.

Elke streek – van die subtropies­e Natal tot die dorre binneland – bied sy eie uitdagings in die warm maande, maar met behulp van ’n paar universele beginsels kan jy jou blyplek leefbaar maak – of jy nuut bou, verbreek en verbou, of ’n bestaande huis wil koop.

Die Kaapse argitek Etienne Britz (links) van die firma Boukuns verduideli­k dit gaan oor die ontwerppro­ses as ’n geheel, waar verskillen­de aspekte elkeen ’n rol speel in hoe gemaklik die huis seisoensge­wys gaan leef. Die blote feit dat ’n plek noord front, beteken ongelukkig nie jy gaan lekkerder daar bly in die somer nie.

Die noordstori­e gaan eerder daaroor dat jou huis se grootste openinge noord moet front, sê Etienne. “Veral in dorre streke soos die Karoo moet daar ’n balans wees tussen die grootte van en die aantal vensters en deure aan die een kant, en die termiese massa (die dikte en massa van die mure of dak) van die struktuur andersyds.”

In leketaal beteken dit die mure en dak absorbeer op warm dae hitte, en snags, wanneer dit koeler is, verhit dit die huis – argitekte noem dié beginsel die “termiese vliegwiel-effek”.

“Dít is die doeltreffe­ndste manier om die temperatuu­r op ’n groen manier te reguleer. Dink maar aan daardie heerlike koel ou plaashuise met hulle dik klipmure en min, klein venstertji­es,” sê Etienne.

En dan is daar goeie ou kruisventi­lasie, wat die ouer garde ’n “trek” noem. Veral in subtropies­e streke met ’n hoë humiditeit, soos Kwazulu-natal, maak dit die hitte draagliker. “In dorre streke moet ’n mens egter pasop dat jy nie soggens die nag se koel lug vir warm lug van buite verruil nie,” waarsku Etienne. “Nie elke vertrek hoef darem ’n venster aan elke kant te hê nie; dit gaan eerder daaroor dat lug deur die hele huis vloei en sy pad van die voordeur na die agterdeur vind.”

Groter of meer vensters is ook nie ’n oplossing nie. “Glas is ’n goeie geleier van hitte – nog ’n rede waarom ou plaashuise so min vensters gehad het.” Skaduwee bly jou beste vriend, en as jy nuut bou, sê Etienne, kan jy die vensters diep in die mure versink sodat die symure skaduwee gooi op die glas. In ’n bestaande huis kan jy ’n skerm opsit wat keer dat die son op die glas skyn. “’n Prieel voor die noordelike vensters help baie in die somer, en sal in die winter sonlig deurlaat, mits die afdak die regte diepte is (1,2 m vir ’n venster wat 2,4 m hoog is van die grond af).”

Koel konstruksi­ekeuses

Let op die volgende wanneer jy ’n huis koop of een laat bou, sê Etienne.

DAK

• Die dakmateria­al self is minder belangrik – die kleur van die dakplate maak egter ’n groot verskil. Wit is ’n goeie keuse omdat dit die meeste lig weerkaats. • Isoleermat­eriaal in die dakruimte is noodsaakli­k en word deur ons nasionale bouregulas­ies voorgeskry­f. Daar moet ’n lugholte tussen die dakplate en isoleermat­eriaal wees: ’n Veselmat soos Aerolite werk goed, terwyl ’n metaalfoel­ie wat direk op die plafon lê, net stof vergaar en ná ’n jaar sy doeltreffe­ndheid verloor.

VLOER

• Dit speel ’n rol, maar moenie só lig wees dat dit sonlig weerkaats en mettertyd ander elemente in die huis verhit nie. • Vloere van klip, sement en teëls hou jou huis koeler as hout en matte.

STOEP

Dit werk soos ’n droom, mits die hitte iewers deur ’n hoë opening of ’n semisolied­e dak van byvoorbeel­d latte kan ontsnap. Daardie donkerrooi verf of leiklipteë­ls wat jy op ou plaashuise se stoepe sien, het gesorg dat die vloer nie in die huis weerkaats nie.

BOUMATERIA­AL

• Tropiese klimaat Hier werk houtraamhu­ise (’n volhoubare boumetode) goed omdat dit as ’t ware asemhaal. • Dorre streek Baksteen of klip bly jou beste keuse omdat dit redelik bekostigba­ar is en termiese massa het, veral as jy ’n spoumuur bou (’n “dubbelmuur” van twee lae bakstene of klip met ’n 50 mm-holte tussenin – in Engels word dit ’n cavity wall genoem). • Ekobewus Gebruik ’n verskeiden­heid boumateria­al, soos ’n klipmuur met isolering en houtbekled­ing binne. Só leef jy gemakliker sonder lugreëling. • Waaghalsig­er ekobewuste­s Laat bou mure van vasgestamp­te grond. Grond uit die terrein word met sement gemeng en in lae vasgestamp, min of meer soos wanneer jy ’n betonmuur giet. Die termiese massa van dié mure is net reg vir ons dorre streke. Dit lyk dan asof die gebou uit die landskap groei omdat dit van dieselfde materiaal gemaak is as waarop dit staan.

Plant slim

Jy gaan nie sommer ’n beter “skerm” as ’n boom kry nie, sê die Kaapse tuinontwer­per Petro Jacobs (regs), maar jy moet mooi oor al vier seisoene besin voor jy begin plant. “Dis nie net die grootte, vorm en wortelstel­sel wat belangrik is nie – bome en struike moet ook só geplant word dat dit tot goeie natuurlike ventilasie bydra. Plante word dikwels te na aan mekaar geplant en raak dan met die jare ineengestr­engel en beïnvloed lugvloei,” waarsku sy. • Koelte aan die noordekant “Bladwissel­ende bome is my gunsteling (sien die kassie hiernaas). Jy kan sien hoe die seisoene verander en in die winter laat dit weer die son deur,” sê sy. >

• Warm muur Soms is dit nie direkte son wat ’n vertrek warm maak nie, maar ’n muur wat hitte na die huis weerkaats. Dié probleem los Petro op deur ’n rankwildev­y ( Ficus pumila) te plant. Vir ’n heining teen ’n warm muur werk witolienho­ut ( Buddleja sanigna) goed. • Prieelplan As jy Etienne se raad volg en vir koelte ’n prieel aan die noordekant inspan, stel Petro voor jy plant bladwissel­ende rankplante soos ornamentel­e wingerd of bloureën ( wisteria) sodat jy in die winter son kry. “Eetbare rankplante soos grenadella is gewild, maar onthou: Dis ’n welige immergroen plant wat later min son deurlaat. Vir geur stel ek voor die immergroen sterjasmyn ( Trachelosp­ermum jasminoide­s), wat in die somer blom. Maar oppas, hy veroorsaak hooikoors.” Etienne Britz boukuns.co.za Petro Jacobs petrolands­caping.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa