Weg! Platteland

Mark By die Wildskosfe­es buite Bloem wag 80 geregte waaraan jy kan weglê

Een keer per jaar ruk ’n paar duisend mense op na die Wildskosfe­es op De Oude Kraal suid van Bloemfonte­in. Hulle het net een doel voor oë: om hulle wildsvleis­lus en dors te blus.

- TEKS EN FOTO’S WILLEM VAN DER BERG

Nie weer nie, het Gerhard en Marie Lombard, eienaars van De Oude Kraal, besluit nadat hulle 16 jaar gelede die eerste Wildskosfe­es op hulle gasteplaas gehou het.

“Daar het net 30 mense opgedaag,” onthou Gerhard. “Ons het maar ingegee toe ons vriende mooi vra om dit weer te hou.”

In 2014 het ’n aks meer as 3 000 mense van reg oor die land aan die Lombards se wildsgereg­te kom weglê. Daar was 18 verskillen­de soorte wild te proe en sowat 80 verskillen­de geregte om van te kies: springbok, takbok, ribbok, blouwildeb­ees, vlakvark, ystervark, krokodil... en jy kon proe aan enigiets van haaspastei, springbokt­ongetjies, bosvarkpas­teitjies, vlakvark

wors, blouwildeb­eeswors, ribbokboud en takbok-blindevink­ies tot koedoesosa­ties, afval en pofadders (vetderm gestop met lewer en niertjies).

Elke liewe gereg word deur Marie berei en dit neem haar en haar span mense drie maande om alles agtermekaa­r te kry.

“Die oumense het wildsvleis ’n slegte naam – of eerder: ’n slegte smaak – gegee. Hulle het die vleis in asyn en rooiwyn geweek en dan het dit suur gesmaak. Room, melk en karringmel­k werk byvoorbeel­d goed om die wildsvleis se geur te versag. My ander geheim is witpeper.”

Marie vertel verder hulle gebruik slegs vroulike diere wat met ’n skoon kopskoot doodgemaak is. Die diere moet geskiet word terwyl hulle rustig is, en hulle moenie rondgejaag word nie. Dan hang hulle die karkasse in die vel op om te rus. Drie weke lank. Dit word nie deur die hakskeense­ning gehaak nie, maar met toue aan die been vasgemaak. “Dit alles sorg dat die gehalte van die vleis beter is,” verduideli­k Marie.

Hoewel dié eiesoortig­e fees in die hart van die winter in die hart van die Vrystaat gehou word, is daar oorgenoeg dinge wat besoekers warm hou. Oral brand vure en daar is berge hout wat dit aan die gang gaan hou tot ounag toe. Jy skuiwe van kraampie tot kraampie en eet die een wildskosle­kkerny ná die ander. Vars gebraai. En omdat so ’n vleisetery ’n mens lekker dors maak, is daar ’n hele klomp van ons land se beste wyne te proe en koop.

As jy steeds koud kry, dan stap jy oor na die koedoedrol­spoegbaan. Hier >

kan jy kyk hoe ver jy so ’n koedoekutt­el gespoeg kry. Maar eers vat jy ’n skoot mampoer. Hy warm dan ’n slag alles goed op. Ruan du Preez spoeg sy kuttel skaars 2 m ver. “Nee hel,” kla hy, “daai mampoer het my asem weggeslaan.”

’n Trekker met ’n sleepwa ry groepe mense deur die veld rond. ’n Helikopter vlieg ander weer so ’n lekker wye draai oor die plaas. Daar word kleiduif en teiken geskiet, perdgery en selfs gholfballe geslaan. Dis ’n plaaskuier met baie gees. Wanneer die son in die weste wegduik, word ’n tamaai grootskerm­televisie aangesit. Hier eet hulle immers nie net springbok nie; hulle kyk ook graag hoe hulle speel.

De Oude Kraal deoudekraa­l.com

051 564 0636/733

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa