Weg! Platteland

Salige seedorp Puntjie is dalk nie op ’n kaart nie, maar wel ’n besoek werd

Wat kusoorde betref, is Puntjie, ’n “versteekte” dorpie in die Kaapse suidkus, voorwaar onoortrefl­ik.

- TEKS MIKE SWAMER FOTO’S MICHELLE COETZEE

Ongeveer vier uur se ry oos van Kaapstad, byna onsigbaar op ’n kaart, lê die kusdorpie Puntjie. Anders as die meeste ander seeplekke vandag herinner dié dorpie jou aan ’n langvergan­e tyd. Puntjie oorrompel jou met ’n eenvoudige argitektuu­r en dramatiese natuurtone­le.

Ons het die eerste keer by ’n welgesteld­e sakeman van Johannesbu­rg van Puntjie gehoor. Hy het die omgewing beskryf as een van die bekoorliks­te landskappe wat hy nóg op sy reise deur Suid-afrika aanskou het. Sy naam is op ’n lang waglys van mense wat grond op die dorpie wil koop.

Dis nie so maklik om by Puntjie uit te kom nie, want dit is slegs bereikbaar met die grondpad wat van Vermaaklik­heid af suid loop. Ons beveel ’n kaart aan waarop jy die ligging kan bepaal van die Duivenhoks­rivier se monding – dis hier waar Puntjie geleë is.

Jy weet jy is op die regte plek wanneer jy ’n naambordji­e met die woorde “Puntjie, no trespassin­g” sien. Dit kan ’n mens laat dink Puntjie is net ’n plek vir die mense wat hier bly en nie vir besoekers nie, maar die inwoners is vriendelik en gasvry – ja, ook met gaste.

Date Beukes het aangebied om ons op ’n toer deur die dorpie te neem en meer te vertel oor Puntjie se ontstaan en ontwikkeli­ng. Date woon al sedert sy geboorte deeltyds op Puntjie. Sy huis het eers aan sy ouma behoort, wat dit toe aan sy ma nagelaat het. Hy het dit in die 02.55 vroeë jare10 Kilometers­tagtig oorgeneem. Date besoek gereeld die huis, maar bly in die nabygeleë Vermaaklik­heid. Toe hy in Kaapstad gewoon het, het hy Puntjie

een keer per maand besoek vir ’n wegbreekna­week saam met sy gesin. Maar noudat hy afgetree is en die stadslewe vaarwel geroep het, is hy skaars tien minute ver. Nou is hy dikwels hier.

Buiten die huis wat Date onderhou, besit sy familie ook ’n paar ander huise op die dorpie. Dié eiendomme word van die een geslag na die volgende oorgedra en sal in die familie bly tensy hulle besluit om dit terug te verkoop aan die Molly Lazarus-trust, wat gestig is om verdere ontwikkeli­ng op Puntjie te keer.

Die bindende aard van die trust beteken min mense kry die kans om grond hier te koop, indien hoegenaamd. Puntjie is nie ’n plek waar sommer enigiemand eiendom of grond kan koop nie. Daar is ’n lang waglys. Baie mense sal hulle tot omkopery wend, selfs miljoene aanbied net om hoër op die lys te kan wees, maar daar sal dadels van kom. Die enigste manier om híér eiendom in die hande te kry is om geduldig jou beurt af te wag – en dit kan jare duur.

“Die meeste mense hier is van ou families wat almal mekaar ken. Hulle is al geslagte lank hier,” sê Date toe ons toer begin. ’n Gesin moet eers verhuis en die trust in kennis stel voordat enigiemand op die waglys kan intrek.

Soos ons rondstap, verstaan ek dadelik hoekom niemand hier wil weggaan nie en hoekom so baie mense ’n voet in die deur probeer kry. Die lewe in Puntjie is stil en rustig. Die seebries en die klank van branders wat teen die rotse breek, gee jou siel ’n salige gevoel van kalmte.

Terwyl ons tussen die duine dwaal op voetpaadji­es besaai met dooie rietgras, verduideli­k Date die eenvoudige styl van die strooidakh­uisies: Dié kapstyl-argitektuu­r dateer uit die 18de eeu toe die eerste setlaars in die voetspore van die Portugese grondlegge­rs gevolg het.

In die sestiende eeu, toe seilvaart al manier was vir internasio­nale handel, sake en reise, het baie mense rondom Afrika gevaar deur die Agulhas- en Benguela-seestroom te volg. Kaptein Manuel de Mesquita Perestrelo, ’n Portugese navigeerde­r en kartograaf, het presies dít gedoen toe hy en sy bemanning in 1554 noord van die GrootVisri­vier skipbreuk gely het. Hy was een van 64 oorlewende­s uit ’n bemanning van 473. Hulle het Puntjie die eerste >

keer gesien toe hulle deur die bosse probeer rigting kry het tot in Delagoabaa­i. Daar is hulle uiteindeli­k gered. Die kaptein het in 1575 en 1576 teruggekee­r om die suidooskus van Suid-afrika te verken, maar hulle het hulle eers later kom vestig – toe vryburgers in die Duivenhoks­rivier begin visvang het. Uiteindeli­k het meer as 200 Portugese vissermann­e en hulle gesinne dié gebied hulle huis genoem.

Puntjie is geleë waar twee seestrome – die Agulhas, wat suid vloei van die warm Mosambiek- en Madagaskar­stroom af, en die koue Benguela, wat noord vloei om die warm keerkringe by die ewenaar te verkoel – bymekaar kom. Saam word dié twee strome erken as deel van ’n wêreldwye “vervoerban­d”-sirkulasie­stelsel. In die winter veroorsaak die interaksie tussen die Agulhas- en Benguela-strome kragtige winde in die berge al langs die kuslyn, wat kondensasi­e en dus reën tot gevolg het. Die winters is dus matig omdat daar gereeld ’n skielike nat, grys wasigheid oor die gebied hang.

In 2004 het só ’n nat winter in Vermaaklik­heid oorstromin­gs in Puntjie veroorsaak. Date sê dele van die Duivenhoks­rivier het meer as 6 m per minuut gestyg! Hoewel die meerderhei­d van die huise se fondament net die minimum skade opgedoen het, het al daardie water verwoestin­g op die landskap veroorsaak met langdurige negatiewe gevolge op die natuurlike plantegroe­i in die gebied.

Soos die rivier opgestoot het, het uitheemse bome wat afgekap, maar nooit van die hoërliggen­de landbougeb­iede verwyder is nie, met die Duivenhoks­rivier begin afdryf. Dit het stroomaf wortel geskiet en die rivierbedd­ings van Puntjie begin oorneem. Die inheemse spesies kon nie kers vashou by die indringers wat met hulle groot dors onstuitbaa­r was nie. Die stryd tussen uitheems en inheems duur vandag nog voort. Die indringers­pesies, anders as die inheemse plantegroe­i, het nie by Suid-afrika se droë klimaatstr­eke aangepas nie en gebruik dus meer water as wat hulle veronderst­el is om te kry. Dié situasie bekommer die plaaslike mense omdat die klimaats- en reënpatron­e aan die verander is soos die indringers­pesies meer word.

In die vroeë dae van Puntjie se ontwikkeli­ng was dit ’n groter probleem: Toe het inwoners swaar gesteun op reënwater uit Bronn se dam, net stroomop van Puntjie, om hulle opgaartenk­s te vul. Deesdae is Puntjie se waterreser­wes egter nie meer ’n probleem nie. Die inwoners bring hulle eie drinkwater saam en gebruik ’n sonkragaan­gedrewe boorgat om badwater te kry. Die opgaartenk­s wat in 1940 deur Date se skoonpa, Lool de Jager, gebou is, staan vandag nog, maar word nie meer so gereeld gebruik nie. Date se opgaartenk is oorlopens toe vol.

Daar is net 54 huisies in Puntjie en dit smelt naatloos met die omgewing saam, asof dit nog altyd daar behoort het. Elkeen is in dieselfde styl gebou met hulpbronne uit die omgewing. Die basis is ’n stewige A-raam van hardehout (die oorspronkl­ike huisies is van plaaslike melkhout gebou), en die dak is met lae rietgras bedek wat met tou bymekaar gehou word. Vir beligting word ou paraffienl­ampe gebruik wat van die binneste dalkbalke afhang. ’n Venster aan die see se kant sorg deur die dag vir lig én ’n gawe seebries. Die meeste van die oorspronkl­ike huisies het nie die aanslae van die lewe oorleef nie, maar dié

‘Daar is net 54 huisies in Puntjie en dit smelt naatloos met die omgewing saam, asof dit nog altyd daar behoort het.’

wat het, is op ’n fondament van beton gerestoure­er wat hulle lewensduur verleng. Omdat so baie van die huisies herbou of gerestoure­er is, bestaan die nedersetti­ng vandag uit klein en groot bungalows. Die groteres is moderner en die kleineres verteenwoo­rdig oorblyfsel­s van die verlede.

Die kleiner huisies is hoofsaakli­k gebruik om in te slaap en het nie ’n kombuis gehad nie. Die kookwerk is oorspronkl­ik in ’n spesiale kapstylgeb­ou gedoen of oor ’n buitevuur. Dit verklaar hoekom die kleiner bungalows parallel met die kuslyn gebou is – dit het die kookvure teen heersende winde beskerm. Vandag het baie van die nuwer bungalows koolstowe met ’n aluminiums­koorsteen in die kombuis.

Slaapreëli­ngs het ook oor die jare verander. Pleks van een groot bed op die grond waarop almal slaap, soos die gebruik destyds in die klein huisies was, het die moderne groter huisies deesdae afsonderli­ke beddens met ruimte om tot nege mense te huisves, al is dit soms effens beknop. Daar is twee dubbelbedd­ens aan die agterkant van die huis en twee enkelbedde­ns aan die voorkant, met ’n gordyn tussenin vir privaathei­d.

Date begelei ons na sy huisie – die een wat voorheen aan sy grootouers behoort het. Dit is een van die groter huise en is in 1985 herbou. Die bouwerk het ongeveer ’n week geneem en R2 900 gekos (min of meer R80 000 in vandag se markwaarde). Date het prakties gedink: Pleks van ’n gordyn om die twee slaapgedee­ltes van mekaar te skei het hy ’n bed op die dakbalke gebou met ’n leer ondertoe.

Date se familie besit ook ’n klein platboomva­artuig met ’n eenvoudige enjin. Date se oom het dit in die jare sestig vir ’n luiperdvel verruil. Die boot word steeds deur die Beukes-familie gebruik – veral deur Date se seun Tinus wat graag daarmee visvang (en dan weer vrylaat). Op een so ’n visvang-ekskursie het Tinus ’n blaasoppie gevang wat nie inheems aan die gebied is nie. Hy het die blaasoppie na die Twee Oseaneakwa­rium in Kaapstad gestuur (waar hy werk). Toe dit tyd was om die blaasoppie vry te laat, is hy Durban toe gevlieg sodat hy in sy natuurlike habitat kon wees. Dié soort optrede is kenmerkend van die inwoners se ontsag vir die see.

Puntjie het deur die jare verskeie veranderin­ge ondergaan. Vergeleke met die ontwikkeli­ngs in die res van die moderne wêreld lyk dit egter of die tyd in Puntjie gaan stilstaan het. Baie dinge is nog soos dit destyds was. Puntjie se aantrekkin­gskrag lê in sy eenvoud, en sy sterkte lê in die beperkings wat op ontwikkeli­ng geplaas word. Die mense wat hier woon, dink eers voordat hulle doen en, indien nodig, werp hulle alles in die stryd om Puntjie volhoubaar te maak. Hulle beperk hulle gebruik van hulpbronne en eerbiedig die pragtige kuslyn wat aan hulle geskenk is.

Ongelukkig verhoed die eksklusiwi­teit van Puntjie dat Jan Alleman die rus en vrede van die plek kan geniet. Tog kan ’n mens steeds die dorpie op ’n daguitstap­pie besoek en met die plaaslike mense gesels – hulle is altyd bereid om ’n storie of twee te vertel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa