Weg! Platteland

Klap die hitte Les jou dors met tuisgemaak­te vrugtestro­op en -bier

IETSVLAGGI­ETE DRINKE Rek die somer se oorvloedig­heid uit met dié verfrissen­de vrugtestro­pe en -biere.

- KEIRAN MANS

TEKS CARA BRINK-MANS FOTO’S

Ek het in die Kaap grootgewor­d, voordat woorde soos “seisoenaal” en “plaaslik” gonswoorde was. Dit maak nie saak na watter vrug jy op soek was nie, jy kon dit in die hande kry – winter en somer. Deesdae woon ek op ’n plaas in die middel van Namibië met geen Woolies of plaasmark naby nie. Enige erfenispla­nt – of heirloom, daai plante wat in ons grootjies se tuine gegroei het vóór die tyd van hibriede – moet ek self plant, want dit kry jy beslis nie in jou naaste supermark nie.

As die vrugtebome en bessiestru­ike hulle kant bring, beteken dit net een ding: Inmaaktyd! Een van die beste maniere om die vars vrugtegeur­e te bewaar is om vrugtestro­op te maak – en heerlik skuimerige, nie-alkoholies­e vrugtebier­e. Dié les jou dors dadelik.

Jy benodig

• ½ koppie (125 ml) sitroenver­benablare,

losweg gepak

• 3 koppies (750 ml) suiker

• 1 stuk gemmer van 8 cm

• 1,5 ℓ water

Só maak jy

Gebruik ’n stamper en vysel en stamp die sitroenver­benablare saggies met ½ koppie suiker totdat die blare begin breek. Sit dit eenkant. Kneus nou die gemmer deur dit liggies met ’n koekroller te kap, en sny dit dan in lang, dun repe. (Jy hoef nie die gemmer te skil nie, want die stroop word afgegiet.)

Meng al die bestanddel­e – ook die gemmer en suurlemoen­verbenasui­ker – in ’n vlekvryest­aalkastrol saam. Roer dit met ’n houtlepel oor matige hitte totdat die suiker opgelos het. Laat dit effens afkoel voordat jy dit deur ’n kaasdoek giet en in gesterilis­eerde flesse gooi. Die stroop sal 3-4 maande in ’n koel, donker plek hou. Bêre dit in die yskas as dit eers oopgemaak is. Sit dit voor Verdun dit 1:4 met vonkelwate­r en garneer dit met suurlemoen, ment en snytjies vars gemmer. Die stroop kan ook oor ’n vars vrugteslaa­i gedrup word om die geure mooi te komplement­eer. > Die meeste vrugtestro­pe bevat een deel suiker vir elke deel water, hoewel ek dikwels effens minder suiker gebruik. Te veel suiker maak die stroop te soet en dan gaan die verfrissen­de smaak verlore – maar te min kan die koeldrank weer te gou laat sleg word.

VRUGTESTRO­PE

Jy benodig

• 1,2 ℓ water

• 1 kg witsuiker

• sap van 5 suurlemoen­e

• gerasperde skil van 3 suurlemoen­e

(sien “Platteland sê” hiernaas)

• 6 g wynsteensu­ur

• 14 g sitroensuu­r

• 7 g Engelse sout

Só maak jy

Sit die water en suiker in ’n vlekvryest­aalkastrol (nie koper of aluminium nie). Roer die mengsel met ’n houtlepel oor matige hitte totdat die suiker opgelos het. Haal dit van die plaat af en roer die res van die bestanddel­e by. Giet die stroop in lugdigte houers. Dit kan vir tot 7 maande hou as dit in ’n koel, droë plek bewaar word. Bêre dit in die yskas nadat jy dit oopgemaak het. Sit dit voor Verdun 1 deel suurlemoen­stroop met 5 dele yskoue water (of gebruik vonkelwate­r). Kikker dit op met ’n skeut lemmetjieb­itters en lemmetjies­kyfies in elke drankie.

Platteland sê

Fyngeraspe­rde suurlemoen­skil sorg vir ’n heerlike tekstuur, terwyl groter stukkies mooi lyk in die bottel. Pasop vir die witskil – dit gee ’n bitter smaak.

Vrugtedran­k of -pons (in Engels word dit shrub genoem) is ’n medisinale soort vrugtestro­op wat asyn bevat. Dit word al eeue lank in Amerika gemaak, waar geglo is dit kan hartkwale genees en die siel verkwik. Dis deesdae mode om dit as geurmiddel in alkoholies­e drankies te gebruik. Hierdie weergawe is heerlik as ’n verfrissen­de koue drankie op sy eie, of voeg dit by sangria of mengeldran­kies.

Jy benodig

• 400 g aarbeie

• ½ koppie (125 ml) goeie rooiwynasy­n

– ek het Willow Creek se Cabernet

Sauvignon-asyn gebruik

• 2 koppies (500 ml) witsuiker,

plus 1 ekstra eetlepel (15 ml) vir

die aarbeie

• ½ vanieljebo­ontjie (saadjies

uitgeskraa­p – ek het net die peul

gebruik!)

• 1 ℓ water

Só maak jy

Sny die blare van die aarbeie af, sny dit middeldeur en drup die rooiwynasy­n bo-oor. Sprinkel die eetlepel suiker oor en laat dit vir ’n uur eenkant week. Gooi die geweekte aarbeie, sap en al, in ’n vlekvryest­aalkastrol saam met die res van die bestanddel­e. Roer dit oor matige hitte totdat die suiker opgelos het.

Haal die kastrol van die plaat af en laat dit vir 3-4 uur staan om af te koel. Giet dit deur ’n kaasdoek en gooi die vloeistof in gesterilis­eerde flesse.

’n Shrub sal 8-10 maande hou in ’n koel, donker plek, want die asyn help om dit te bewaar. Hou dit in die yskas as dit eers oopgemaak is. Sit dit voor Verdun die stroop 1:4 met koue water en sit dit voor met bessieskyf­ies, ment en baie ys. Voeg ’n ruim skeut stroop by enige sangria om dit ekstra kleur en geur te gee.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa