Weg! Platteland

Maak ’n plantpavil­joen ’n Boer maak ’n vertikale plan vir potplante

Het jy min plek om te plant, of wil jy sommer net jou potplante mooi ten toon stel? Dink vertikaal.

- TEKS ZIGI EKRON FOTO’S PETER VAN NOORD SKETS MATTHYS LABUSCHAGN­E

Dié plantrak lyk ’n bietjie soos die paviljoen waar die dorpspan elke week uitdraf. Dis ’n slim manier om ’n kruie- of groentetui­n in ’n klein ruimte in te rig. Gebruik behandelde hout, die soort met die effense groen skynsel soos wat bouers vir steierwerk en dakkappe gebruik. Dis nie net heelwat goedkoper as ander hout nie, maar gaan ook langer hou in die wind en weer. En hoewel ons hom in ’n mooi duifeierbl­ou kleur geverf het, is dit nie eens nodig nie. Ook nie vernis nie. Die verf laat jou rak wel mooier lyk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa