So­mer­slaai Re­sep­te waar­mee jy selfs vleis­e­ters se hart sal steel

Hier op die warm­ste dae sal jy selfs die groot­ste vleis­e­ter kan om­koop met slaai, maar dan moet dit da­rem meer wees as ’n bord vol bla­re. Pro­beer een van dié blink nu­we plan­ne wat rys, vleis en aar­tap­pels twee­de sal laat kom.

Weg! Platteland - - Voorblad - RE­SEP­TE EN STI­LE­RING A­LET­TA LINT­VELT KOSASSISTENT ANDREA MAS­KEW FO­TO’S JAN RAS

Tot taam­lik on­langs nog het ’n mens net een soort blaar­slaai ge­kry: goeie ou hou-vir-e­wig-in-die-ys­kas “I­ce­berg”, wat ons as knar­se­ri­ge krop­slaai ge­ken het. On­langs is dié ein­ste ys­berg­blaar­slaai aan my voor­ge­sit, maar dié slag is die he­le slaai­kop in wiggies ge­sny, met ’n dik blou­kaas-slaaisous wat jy self oor­drup…

Net daar het ek ’n kop­skuif ge­maak oor slaai, en al­ler­han­de in­te­res­san­te kom­bi­na­sies be­gin uit­dink om “bok­kos” sy reg­ma­ti­ge plek as ster van die so­mer­ta­fel te gee.

• In “Tuin­dag­boek” (bl. 80) gee Ja­ne G­rif­fit­hs, skry­wer van Ja­ne’s De­li­ci­ous Gar­den, wen­ke oor hoe jy jou eie kraak­vars slaai­bla­re kan k­week.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.