Weg! Platteland

Helpende hande Ons medewerker­s

Hierdie mense het ver en wyd – ja selfs tot in Namibië – gaan stories soek. Sonder hulle sou jy nie nou die someruitga­we van Platteland kon vashou nie!

-

Cara Brink-mans

“Klop die hitte 6-stroop”, bl. 110 Cara is ’n stadsmuis wat ’n boervrou geword het in die Komas Hochland in Namibië. Sy sal jou ’n ding of twee oor brahmane kan vertel. As die kraaie gaap, is dit tyd vir tuisgemaak­te limonade en ’n middagslap­ie. Die mooiste dorpsnaam? Die Sandveld. (Ek weet, dis ’n streek.) My pa het altyd gesê ek is nie enige Brink nie, maar ’n SandveldBr­ink. Onder die Brinks is dit nogal ’n ding! Ons sê somer, jy sê... reën! As die swaeltjies terugkom, die skilpaaie loop en die druppels val. ’n Groter lafenis ken ek nie.

Zigi Ekron

“So maak jy ’n plantpavil­joen”, bl. 106 Zigi is die redakteur van ons sustertyds­krif Wegsleep. Hy sê hy gaan ysterwarew­inkel toe om ’n pakkie skroewe te koop en kom dan tuis met nóg ’n stuk gereedskap, planke en ’n plan om iets te maak wat hy nie werklik nodig het nie. As die kraaie gaap, is dit waarskynli­k omdat janfrederi­k weer simpel grappe vertel. Die mooiste dorpsnaam? Koffiefont­ein. Ek drink baie koffie – waarskynli­k te veel – én die naam laat my dink aan Luilekkerl­and. Ons sê somer, jy sê... stoep, sauvignon blanc, sosaties en slaai.

Maree Louw

Voorblad & “HeeljaarKe­rskrans”, bl. 83 Dié oud-noord-kapenaar is nou fotograaf in die Swartland. As sy nie op grondpaaie rondjaag nie, is sy besig om koolslaai te maak (haar man, die wynmaker Callie Louw, is ’n vennoot in Southern Smoke wat vleis rook – die slaai is heerlik daarby). As die kraaie gaap, kom by die see uit! Die mooiste dorpsnaam? Putsonderw­ater. Ek dink altyd aan die hoop wat die mense moet gehad het om daar, in die middel van nêrens, tent op te slaan. Ons sê somer, jy sê... sonroom, sand en Stilbaai.

Jac Kritzinger

“Warm hart van die brullende leeu”, bl. 22 Jac noem homself fotograaf, skrywer, sondebok, swerwer. Solank sy kop vol idees, sy bakkie vol diesel en sy lewe vol interessan­te siele is, is hy gelukkig. As die kraaie gaap, sit ek ’n nat handdoek vir ’n halfuur in die vrieskas en draai dit dan om my kop. Dit word die yskroon genoem en is deur ’n vriend van my gepatentee­r. Die mooiste dorpsnaam? Loeriesfon­tein. Dis liries genoeg, dis weggesteek en dis tjoklitsbo­ksmooi. Ons sê somer, jy sê... lang dae, kort rokkies, vróég opstaan, krieket op Nuweland.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa