Weg! Platteland

Ons plaas in die Karoo

- Schalk van der Merwe, SOMERSET-WES

Deur die Sand- en Leeurivier kom ek aan op die werf van Losberg, my pa se stukkie grond so onder die trappe-berg noord van BeaufortWe­s. Jackie en Chip, ons skaaphonde, kom oopketel hek toe gehardloop. Die groenighei­d om die huis bloei pragtig, maar Ma-hulle het ’n nimmereind­igende stryd om die verdomde melkbokke uit die werf te hou. (Volgens ’n vriend moet jy ’n emmer water deur die bokke se kampdraad skiet, en as van die water anderkant die heining land, moet jy weet dis nog nie dig genoeg om die bokke binne te hou nie.) (Lees ons storie oor boerbokke op bl. 120. – Reds.)

Die kombuisvlo­ere kraak soos jy oor dit loop – dis hoe dit hoort. Die klank dien as bevestigin­g dat jy nou op die plaas is. Die hitte van die ou houtstoof wat deur die dag brand, is soos ’n ouma wat jou met haar louwarm arms ’n druk gee. En nie lank nie, of ek sit met ’n bak warm boontjieso­p voor my, die soort waar jy die boontjies so tussen die vleisbene uit eet. Om die kombuistaf­el voel ons bly en dankbaar, bymekaar en veilig.

’n Paar dae in die Karoo bring die spoed van die lewe terug na normaal. Ek ry een oggend Beaufort toe met die plaasbakki­e. Deur die eerste rivierloop sny ’n haas voor die bakkie in, maak ’n vlak draai, skiet oor die sandwal en verdwyn tussen die geel gras. Onder die blou trappe-berg noord van my lê die Karoovlakt­es soos goud, hier en daar met ’n rooigeel kliprand of groen rivierloop. Ek sit die radio aan. Dit kraak-kraak… ’n verkeersve­rslag… spitsverke­er-chaos in die Kaap. In die stad sit duisende mense vasgevang in hulle kar, en hier ry ek en ’n haas is die naaste wat ek aan verkeer kom.

Die Karoo lyk plat en kaal, maar sy is vol verrassing­s en geheime. Die netjies gepakte klipkrale, windpompe en sementdamm­e, die ou plaasopsta­lle, is soos spore wat die oumense oor die tyd heen hier agtergelaa­t het. ’n Stukkie daarvan het die Here vir ons geleen, die mooiste stuk vir ons afgemeet en opsy gesit. Dit is Losberg, ons plaas in die Karoo.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa