Weg! Platteland

’ n ‘ Huis’ vir dié met heimwee

- Patti Dwyer, KAAPSTAD

Party mense glo Suid-afrika gaan een van die dae ’n land vol “oumense” wees... só baie mense se kinders woon oorsee. Dis tog jammer dat soveel ongeloofli­ke energie en talent vir die land verlore is.

My seun woon op Prins Edwardeila­nd aan die ooskus van Nieu-skotland in Kanada. Dis ’n idilliese plek – ’n klein gemeenskap van “ou” Kanadese en enkele jongeres – maar nie húís nie. Talle van ons Skype-gesprekke begin met: “Ek wil huis toe gaan…” en dan voel ons albei ewe wanhopig.

En toe verskyn Platteland! Toe ek onlangs vir hom gaan kuier het, het ons heerlik gelees aan Platteland, go! en Real Food. Ons het soos konings geëet en selfs die bure uit die slaap gehou met ons geboor en gesaag. En dis alles Platteland se skuld!

My seun is nou die trotse eienaar van ’n handgemaak­te biltongker­wer wat hy effens aangepas het, en hy wys nou die eilandbewo­ners hoe die mense van Afrika leef. Dankie, Platteland, dat julle my seun doer in die verte laat voel of hy weer by die huis is!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa