Weg! Platteland

Mooi so!

- Marie Crafford, UPINGTON Verity-barbara Taylor, OOS-LONDEN

My dogter het hier aangekom met die lente-uitgawe van Platteland, en toe ek sien daar staan Calvinia op die voorblad, gee my hart sommer sulke bokspronge, want ek is op Calvinia gebore, het daar skoolgegaa­n, getrou en my dogter is ook daar gebore en gedoop. Dankie vir die wonderlike terugreis en vir al die leersame artikels – ek het sommer dadelik ingeteken.

Platteland is die beste tydskrif op die rak en is uitstekend­e waarde vir geld. As ’n pensioenar­is met ’n ou 1990 Golf sal ek nooit fisiek by al die plekke kan uitkom waarheen julle 130 bladsye my wegvoer nie. Ek het op ver verlate vlaktes geloop en skatte en spesiale mense met ongeloofli­ke stories leer ken… My slagspreuk vir Platteland is: As jy nie daar kan uitkom nie, sal Platteland jou soontoe vat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa