Weg! Platteland

Die ‘spookdop’ is terug!

-

’n Legendarie­se mengeldran­kie-bestanddee­l wat steeds in 40 resepte in die ewe beroemde The Savoy Cocktail Book voorkom (al word dit al minstens 70 jaar nie meer gemaak nie), het pas herrys danksy ’n nuuskierig­e Deense mengeldran­kiemaker en die Swartlands­e wynmaker Adi Badenhorst. Caperitif, ’n “soet vermoed” van gefortifis­eerde chenin blanc met die bitter geur van Cinchona- bas en 35 botaniese aftreksels van onder meer fynbos, kalmoes en nartjies, is in die jare twintig in Suid-afrikaanse mengeldran­kies soos die Barney Barnato en Oom Paul gebruik, maar het toe ’n stille dood gesterf. Die nuwe Caperitif bevat 17,5% alkohol en ’n mens drink dit oor ys met ’n skyfie sitrus, of saam met kinawater (dis nou tonic water) soos Adi se nuwe Swaan Dry Cape Tonic wat kinien, vars lemmetjie, kardemom en ment bevat. Kontak aabadenhor­st.com

aabadenhor­stwine@gmail.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa