VLAG ’N SLAG

Weg! Platteland - - Medewerkers -

Ons is mal oor die Gi­ant Flag-pro­jek, ’n wil­de dog won­der­baar­li­ke plan om ’n le­wen­de Suid-a­fri­kaan­se vlag van 66 ha in die woes­tyn­land­skap bui­te SuidA­fri­ka se vier­de oud­ste dorp, Graaff-rei­net, te plant. Hier­voor gaan 2,5 mil­joen ge­borg­de vet­plan­te ge­bruik word: Fe­ro­cac­tus­pi­lo­sus (be­kend as die “Mex­i­can Fi­re Bar­rel”) vir die rooi; ons in­heem­se kool­stof­slur­pen­de spek­bos ( Por­tu­la­ca­ri­aafra) vir die groen; ’n blou a­ga­ve­soort be­kend as die “Blue But­terf­ly” vir die blou; en ou­ma-se-stoel­kus­sing ( E­chi­no­cac­tus­grus­o­nii) vir die geel. ’n Wit gruis­pad word vir die wit band ge­bruik, ter­wyl ’n 4 MW­son­pa­neel­veld, wat e­lek­tri­si­teit vir tot 4 000 hui­se kan op­wek, vir die swart ge­bruik gaan word. Neem ’n plant aan en dra by tot dié werk­skep­pings­pro­jek.

gi­ant­flag.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.